BEVORDERING VAN KERKMUSIEK
Die saak van kerkmusiek in al sy fasette word bevorder deur twee instellings, te wete die Instituut vir Kerkmusiek in Suid-Afrika (IKSA) en die Konservatorium vir Kerkmusiek.
Instituut vir Kerkmusiek in Suid-Afrika (IKSA)
IKSA het die volgende doelstellings:
- Besinning oor die wese, plek en funksie van kerkmusiek.
- Bevordering van die teologiese gesprek rondom die liturgie en die kerklied.
- Die liturgies-himnologiese aspek in die opleiding van kerkmusici.
- Bevordering van voortgesette opleiding en toerusting van predikante, kerkmusici en lidmate van alle belangstellende kerke deur middel van seminare, kursusse en publikasies.
- Bevordering van himnologiese navorsing deur vakartikels en studiestukke.
- Skakeling met teologie fakulteite rakende die toerusting van teologiestudente en predikante.
- Skakeling met musiekdepartemente van verskillende universiteite.
- Die uitbou van internasionale kontakte vir die uitruil van kundigheid.
Konservatorium vir Kerkmusiek
Die Konservatorium het die volgende doelstellings:
- Die liturgies-himnologiese vorming van kerkorreliste sodat die kerklied 'n betekenisvolle funksie in die erediens kan vervul.
- Praktiese opleiding in effektiewe orrelbegeleiding.
- Praktiese opleiding in funksionele voor- en naspele.
- 'n Hoe standaard van spel en praktiese vaardigheid.
OPLEIDING EN TOERUSTING
Die volgende kursusse en toerustingsmateriaal word deur IKSA en die Konservatorium aangebied:
- Diploma in Himnologie
- Lied en Liturgie
- Liturgiewerkboeke
- Kerkorrelistediploma en praktiese opleiding
- Leerplanne vir orreleksamens
- Liedboek CD met Orrelbegeleiding
Hoof: Dr Elsabe Kloppers
Elsabe Kloppers is sedert 1998 Direkteur van die Instituut vir Kerkmusiek (IKSA) en vanaf 2003 ook Hoof van die Konservatorium vir Kerkmusiek.
Sy het doktorsgrade in beide teologie (DTh in Praktiese Teologie - Liturgiewetenskap, Unisa 1997) en musikologie (DMus in Musikologie - Himnologie, UP 2005), asook 'n Honneursgraad in Filosofie (UP 1981) met lof verwerf.
Sy is dosent in Himnologie en Liturgiewetenskap aan verskeie universiteite en ander opleidingsinstansies, en 'n navorsingsgenoot in die Departement Praktiese Teologie (Unisa) en die Musiekdepartement van UP.
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
of
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
KURSUSSE, DIPLOMAS EN HULPMIDDELS
Diploma in Himnologie
Die kursus vir die Diploma in Himnologie strek oor twee jaar met twee ontmoetingsgeleenthede per jaar en 'n werkstuk wat ingedien moet word.
Die kursus is gerig op predikante, orreliste en belangstellende lidmate. Enigeen kan dus inskryf.
Kortliks behels die kursus die volgende:
- 'n Oorsig oor die ontwikkeling van musiek in die Christelike kerk
- Liturgiese vernuwing in die twintigste eeu
- Die plek en funksie van die lied in die erediens
- Die inhoud van die Liedboek van die Kerk
- Agtergrond van kerkliedere en nuwe vorme
- Die rol van die kantor en kantory
Aanbieder: Dr Elsabe Kloppers
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
of
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Lied en Liturgie
Lied- en Liturgiebyeenkomste word binne ringsverband en by studiegroepe aangebied. By die byeenkomste word gedemonstreer hoe nuwe liedmateriaal in die liturgie kan funksioneer en die erediens daardeur verryk kan word.
Aanbieder: Dr Elsabe Kloppers
E-pos:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
of
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Liturgiewerkboeke
Twee liturgiewerkboeke waarin riglyne prakties illustreer word, en wat geleentheid bied vir werkgroepe of Bybelstudiegroepe om gesprek te voer oor die erediens, is beskikbaar teen R50-00 per stel (posgeld ingesluit).
Verkrygbaar by dr Elsabe Kloppers
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kerkorrelistediploma en praktiese opleiding
Orreliste kan inskryf vir die diplomakursus van die Konservatorium vir Kerkmusiek wat uit ses eksamens bestaan. Eksamens word jaarliks in Junie en Desember afgele.
Studente kan opleiding ontvang vir die eksamens van UNISA, Trinity College en die Royal Schools of Music. Orreliste uit verskeie kerke word opgelei.
Orreliste kan ook les neem sonder om eksamens te doen, om 'n bepaalde standaard te handhaaf en hulle begeleidingsvaardighede te verbeter.
Die huidige dosente is mev Margaret van der Vegt en mnr Rene Mathlener. Mnr Gerrit Jordaan is ook beskikbaar vir studente in Noordwes wat nie weekliks of tweeweekliks na Pretoria kan reis nie.
Inligting: Dr Elsabe Kloppers
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kontaknommers: (012) 996-0431 (h) of (012) 322-8885 x 229 (slegs Maandae)
Datum van orreleksamens
Gedurende die derde week van Junie
Gedurende die eerste week van Desember
Sluiting van inskrywings vir eksamen
1 Mei en 1 November van elke jaar
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Leerplanne vir orreleksamens
Verkrygbaar by dr Elsabe Kloppers
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kontaknommers: (012) 996-0431 (h) of (012) 322-8885 x 229 (slegs Maandae)
Liedboek CD met orrelbegeleiding
'n Opname met orrelbegeleiding vir liedere in die Liedboek is beskikbaar. Dit is vir gemeentes sonder orreliste, maar kan ook tydens gemeentebyeenkomste, Bybelstudiegeleenthede, kampe, wyksbyeenkomste en huisgodsdiens gebruik word.
Predikante wat eredienste beplan kan hoor hoe die liedere klink, 'n groter verskeidenheid laat sing, en se die liedskat van die gemeente uitbrei. Ongeveer 60 liedere word deur die CD gedek.
Die CD is saamgestel met liedere vir die Kerkjaar en om verskillende funksies in die erediens te verrig - toetrede, lof, skuldbelydenis, gebede, sakramente, begrafnis, huwelik, ensovoorts. Die herkoms van die melodie is wyd uiteenlopend.
Die begeleiding op die CD is deur Margaret van der Vegt, dosent by die Konservatorium vir Kerkmusiek, gedoen.

