Filippense 1:3-11

God se werk met ons is nog nie klaar nie


Broersen susters in onse Here Jesus Christus:

Onsalmal ken die verhaal van Moses goed. Moses, die aangenomekoningskind. ‘n Israeliet grootgemaak in ‘n Egiptiese paleis. Sy volksgenote was slawe, maar Moses was bevoorreg. Hy het aan diekoning se tafel geëet, en skoolgegaan in die beste skole.

Sybeste onderwyseres het nie ‘n graad gehad nie. Dit was sy ma. ‘nJodin wat gehuur was om Moses te soog. ‘Moses’, kan ‘n menshaar amper hoor fluister, ‘God het jou met ‘n doel hier gesit. Jy gaan nog eendag jou volk bevry. Moet dit nooit vergeet nie,Moses, nooit nie’.

EnMoses het nie, broers en susters. Al wat hy gesien het was hoe syvolksgenote verdruk word. Hy het gesien hoe hulle in die son moeswerk, hoe hulle verdruk word. Soos slawe behandel is. En hy hetniks daarvan gehou nie. Daarom, toe hy eendag sien hoe ‘nEgiptenaar ‘n Israelitiese slaaf te lyf gaan, het hy die Egiptenaardoodgeslaan.

Dievolgende dag het hy die Israeliet weer gesien. Moses het sekergedink dat die slaaf hom sou bedank. Maar nee. Hy was nie dankbaarnie, hy was kwaad. ‘Gaan jy my nou ook doodmaak’, het hy virMoses gevra. En Moses het besef dat hy in die sop was. Daarom vlughy en gaan bly in die woestyn.

Enkom ons noem dit maar vanoggend, broers en susters, ‘n veranderingin loopbaan. Eers het Moses aan die tafel van die koning saam metander staatshoofde geëet, nou het hy skape opgepas. Eers was hyin ‘n belangrike posisie. Nou het hy vir ‘n ander gewerk. Beslis ‘n loopbaanverandering. Wat meer is, ‘n verandering inloopbaan wat ons nou nie sou oordeel as ‘n verandering in die regterigting nie. Maar so gebeur dit dat die slim, belowende Israelietbegin skape oppas in die veld. Van die beste universiteit na diewoestyn. Van die paleis na die veld as woning.

Moses,broers en susters, het gereken dat hierdie verandering ‘npermanente verandering was. Dit sou voortaan sy loopbaan wees: skapeoppas. Want as ons hierdie verhaal van Moses in Eksodus 2 en 3 sougaan lees, vind ons daar geen aanduiding dat Moses ooit van plan wasom na Egipte terug te keer nie. Om die waarheid te sê: alleshet daarop gedui dat Moses van plan was om die res van sy lewe daarby die skape te bly.

Wantin Eksodus 3: 11 lees ons duidelik dat Moses daar kaalvoet voor diebrandende doringbos gestaan het met ‘n baie duidelike belydenis uitsy eie mond: ‘Wieis ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék dieIsraeliete uit Egipte sou bevry?’

Onskan bly wees, broers en susters, dat Moses hierdie vraag vir Godgevra het. Want eintlik was dit ‘n baie goeie vraag. Waarom noujuis Moses. Hoekom nie iemand anders nie? Of dalk nog beter gesê:nie alleen waarom Moses nie, maar waarom die tagtigjarige Moses?

Watdie veertigjarige weergawe van Moses was eintlik baie beter. Baieindrukwekkender. Die Moses wat ons veertig jaar gelede in Egipteleer ken het was lekker vol selfvertroue, sy hart het so vir syonderdrukte volksgenote gebrand, dat hy eintlik voor op die wa was. Maar die Moses wat nou hier voor die bos staan, nee wat! Hy ishuiwerig, verweerd deur die lewe, lewensmoeg. En nie eintlik lus viriets anders nie.

Ja,broers en susters. As u en ek (veral op grond van die maatstawwe watons maar elke dag aanlê) daar in Egipte Moses voor ons gehadhet vir ‘n werksonderhoud (en kom ons sê maar — by wyse vanspreke — ‘n onderhoud vir aanstelling in die pos van bevryder vanIsrael), sou ons heel waarskynlik gesê het: Nee wat. Hierdieis ons man. Hy is gereed vir die stryd. Opgevoed in die besteopvoedkundige stelsel in die wêreld. Opgelei deur diebekwaamste soldate. Hy het onmiddellike toegang tot die binnekringvan farao. Hy praat die Egiptenare se taal, hy ken hulle gewoontes. Hy is beslis die perfekte man vir die werk.

MaarMoses op tagtig? Vir dieselfde werk? Asseblief tog net nie Mosesnie. Nee man. Hierdie man is nou te oud en te moeg. Hy ruik dannet na skaap, en praat nou al soos ‘n uitlander. Watter indruk salhy op farao kan maak? En moenie daardie ou uitstaande probleempievan iemand wat doodgemaak is, vergeet nie. Nee wat. Miskien veertigjaar gelede. Miskien toe, maar nie nou nie. Nee wat, hy is dieverkeerde man vir die werk.

EnMoses, broers en susters, sou dalk daar by sy werksonderhoud met onssaamgestem het. ‘Ek het dit al vantevore probeer’ sou hy dalksê. ‘Buitendien, hierdie mense wil nie gehelp word nie. Want toe ek daardie slegte Egiptenaar doodgeslaan het, was die manwie se lewe ek beskerm het, vir my kwaad. Daarom, los my maarliewers hier by my skape. Dit is baie makliker om hulle te lei.

Ja,broers en susters. Moses sou nie gegaan het nie. U sou hom heelwaarskynlik nie wou stuur nie, en om eerlik te wees, ek ook nie. Maar God het. God het anders besluit. Hy besluit om hierdie moeë,verweerde en ou man te stuur. Hoekom? Hoe moet ons dit verstaan? Op veertig kry Moses die trekpas, en op tagtig word hy weerteruggeroep. Waarom? Want wat weet hy in elk geval nou wat hyveertig jaar gelede nie geweet het nie? Buitendien, wat het hy hierin die woestyn geleer, so tussen die skape, wat hy veertig jaargelede nie in Egipte kon leer nie?

Ditmag verrassend wees, broers en susters, maar ‘n hele paar dinge. Vir ‘n begin het Moses geleer hoe die woestyn werk. Dieveertigjarige Moses was ‘n stadsmens. Maar die tagtigjarige Mosesken die naam van elke slang in die woestyn, hy weet waar elkewatergat is. Hy ken die weer, hy ken die woestyn se storms. Hy weethoe om in die woestyn te oorleef. Wie daarom beter om derduisendeIsraeliete deur die woestyn te lei, hulle te beskerm en hulle aan dielewe te hou?

‘nTweede saak. Moses was nou ‘n gesinsman. Want intussen is hygetroud met ‘n gelowige vrou, die dogter van ‘n priester, en hethy sy eie gesin gehad. Baie goeie agtergrond, sou ons moet erken,vir iemand wat veertig jaar lank met gesinne in die woestyn sou moesrondreis.

Maarnog meer as dit, broers en susters. Nog belangriker as die kennisvan die woestyn en die kennis van die gesinslewe, het Moses intusseniets anders ook leer ken. Al het veertig jaar verloop, God se planmet hom het nooit opgehou nie. Al het hy gedink dat God die projekgetiteld ‘Die uittog van My volk uit Egipte’ maar daar gelaathet, het God nie. En wat meer is, hy was nog steeds die projekleier. In kort: Moses het geleer, daar by die brandende bos, dat God nognie met hom klaar was nie, en dat die beste nog vir hom voorgelêhet. Al het hy lankal nie meer so gedink nie.

Onsbroers en susters, staan vanoggend voor dieselfde brandende bos. Enuit daardie bos, broers en susters, is daar vanoggend ook ‘n stemwat vir ons fluister. En as ons mooi luister, sal ons die stem diewoorde van Filippense 1:6 hoor fluister: Ek wat God is, Ek wat diegoeie werk in jou begin het, sal dit enduit voer, en dit eersvoleindig op die dag wanneer Christus kom. Jy mag miskien dink, Mykind, dat Ek met jou klaar is, jy mag miskien dink dat jou besteagter die rug is, jy mag miskien dink dat jy al die hoogtepunt vanwat jy wou doen bereik het. Ek, wat God is, dink egter nie so nie. My werk met jou, is nog lank nie klaar nie!

Komons dink vanoggend ‘n bietjie hieroor, broers en susters. En komons doen dit deur ons lewe met die van Moses te vergelyk, en diefluistering uit die brandende bos te vergelyk met die fluistering vandie Heilige Gees wanneer ons vanoggend hierdie teksvers hoor,Filippense 1:6. “Ekis veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in jullebegin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dagwanneer Christus Jesus kom.”

Hoekomhet ek jare gelede daardie swart depressie beleef? Hoekom was daartye wat ek so alleen gevoel het? Hoekom het my kind so siek geworddat ek later moed wou opgee? Hoekom moes ek my kind so vroeg aan Godteruggee? Hoekom moes ek my werk verloor? Hoekom moes myomstandighede daardie keer so verander dat ek geen hoop meer gehadhet nie? En hoekom het ek daardie keer en weer die ander keer sototaal misluk toe ek dit of dat wou aanpak?

Dieantwoord is maklik, sal ons sê. Die lewe het maar sy ellendes,die lewe het maar sy hartseer, die wêreld is nou maar een maalgebroke en onregverdig. Ja wat, dit is maar die lewe. Swaarkry salons hê. Kommer sal ons hê. Onbeantwoorde gebede saldaar wees. Almal word tog siek. Buitendien, ander se kinders is ookjonk dood, ander het ook hulle geliefde huweliksmaat tragiesonverwags verloor. Dit is maar die lewe. Ons moet dit maar net vat.

Nee,broers en susters, honderd maal nee. Dit is nie die regte antwoordnie. En u kan gerus maar van my verskil. Maar kom ons gaan kyk maarweer na Moses se lewe. Die wonderlike omstandighede waarin hy gelewehet. Met al die moontlikhede wat hy gehad het. En waar hy geëindighet. Hoekom? Want hy was ingeskryf in God se skool, die skool waarGod ons leer, ons voorberei, dinge op ons pad stuur om ons te vorm,omdat Hy nie alleen ‘n plan met ons het nie, maar ‘n planwaarvoor ons gevorm moet word, indien God se plan met ons sal slaag.

Wanneerons in depressie verval, broers en susters, is dit ellende. Wanneerons kind jonk sterf, is dit ellende. Wanneer terugslag na terugslagons tref, is dit ellende. Kom ons wees eerlik. En kom ons sêsommer vir God dadelik dankie dat ons ellendes dikwels minder as baieander s ‘n is.

Maardit is, en kan nie al wees wat ons moet sê nie. Veral as onsgaan dink, aan die een kant aan die lewe van Moses, en, aan die anderkant, aan die stem van Filippense 1:6 wat vanoggend vir ons fluisternie. Want as ons dit in ag neem, is dit net moontlik, dalk netmoontlik, dat daardie depressie van my, hoe lank gelede ook al, myryp gemaak het om hulle wat nou so swaarkry, te kan verstaan en tekan bystaan. My werk met jou is nie klaar nie, fluister God se stemvir ons in Filippense 1:6.

Ennet miskien, broers en susters, is ek deur hierdie of daardie siekte,sodat hulle wat dit nou so nodig het, deur my ondersteun kan word. Ek was na God se skool, en nou, nadat ek geslaag het, nou kan ekander gaan leer. Want God se stem in Filippense 1:6 fluistersaggies: My werk met jou is nie klaar nie. En so, broers en susters,kan ons die voorbeelde opstapel. U alleen weet waardeur u al in dielewe is, en net u, en natuurlik God, weet daarom watter werk ons nogvir Hom kan doen.

Ekweet ek was vanoggend ‘n bietjie langer, broers en susters. Maarvergun my asseblief nog so minuut of twee om net klaar te maak. Nognet twee opmerkings. Ons sê, en hoor baie (en dit staan ook soin die Woord), dat God ons nooit ‘n opdrag sal gee waarvoor Hy onsnie ook bekwaam sal maak om dit te kan uitvoer nie. Daarom: al onsellendes van die verlede, ja, selfs daardie dinge wat ons nou soswaar beleef, is dit maar net swaarkry? Is dit maar net deel vanhierdie somtyds slegte lewe? Of is dit dalk nie net miskien, netmiskien, broers en susters, een van die vakke wat ons in God se skoolgeloop het of nou loop, waardeur God ons, soos Moses, bekwaam wilmaak om sy werk te gaan doen? Daarom: miskien moet ons nie sommermeer net alles waarop daar ellende geskryf staan as negatief beskounie. Maar eerder: hier is God besig om my bekwaam te maak vir ditwat voorlê. Wat voorlê weet ek nie, maar ek weet: as ditkom, sal ek soos die tagtigjarige Moses gereed wees. God saldaarvoor sorg.

Mylaaste opmerking: Filippense 1:6 fluister saggies: My werk met jouis nie klaar nie. Moses s ‘n was ook nie. Toe roep God. En toegaan Moses. Al het hy seker ook hoeveel vrae gehad.

Onshoor hierdie stem vanoggend ook fluister, broers en susters, so uitons eie brandende bos. God sal ons bekwaam maak. Hy het ons in wesereeds bekwaam gemaak. Maar is ons bereid, soos Moses, om te gaan? En ek sluit myself, broers en susters, onvoorwaardelik by hierdie onsin. Maar is ons nog bereid, broers en susters? As God roep, is onsnog bereid?

Komons bid daarom vir mekaar, broers en susters, dat ons sal sterk staanin daardie tye van swaarkry, dat ons daardie tye sal sien as deel vanGod se plan om ons te skool vir groter dinge. En dat ons, wanneerons God se stem in Filippense 1:6 hoor fluister, sal antwoord, so salantwoord, dat God die goeie werk wat Hy in ons begin, sal kanklaarmaak soos Hy dit vir ons elkeen bestem het.

Amen