Genesis 11:27-12:9

Het die visie en beloftes van God enige blywende effek op ons as Christene?


Fokusteks: Genesis 12:3b

’n Kommunis en ’nChristen was eendag met mekaar in gesprek oor hulle oortuigingsen visie... Die evangelie is ’n baie kragtiger metode virverandering as ons Marxistiese filosofie, het die Kommunis aan dieChristen gesê. Maar uiteindelik sal ons tog seëvier bojulle... Ons speel nie met woorde nie. Ons is realiste. Ons wilgraag ons doelwitte bereik. Daarom werp ons alles in die stryd omdit te doen. Van ons salarisse en lone hou ons net dit wat ons nodighet om van te lewe. Ons gee ons vrye tyd en selfs ons vakansies prysom ons doelwitte te bereik. Julle is nie so gemotiveerd nie. Jullemaak nie genoeg erns met jul saak nie. Julle gee net ’n bietjietyd... en byna geen geld vir die verspreiding van die evangelie nie. Hoe kan enigiemand dan in die buitengewone waarde van die evangelieglo as julle nie tyd of geld daarvoor opoffer nie? Ons glo in onskommunistiese boodskap, maar julle is bang om julle hande uit testeek... Dis harde woorde. Maar is dit nie waar nie? Ditgaan nie hier om die meriete van die Marxistiese filosofie nie. Dievraag is of die visie en beloftes van God, enigeblywende effek op ons as Christene het. Bring dit ons in beweging?Of het die beloftes en visie van God se Woord net so min effek sooswat die kommunistiese ideaal uiteindelik gehad het? Is dit maar ’ndroom wat by die oorgrote meerderheid Christene vervaag het?

Wanneer ons na gemeentesen individuele gelowiges kyk, is dit duidelik dat daar nie regtigenige buitengewone ywer is om aan die doelwitte van die koninkryk vanGod in ons daaglikse lewe gestalte te gee nie. Wat ons eerder sien,is toenemende passiwiteit, ’n onwilligheid om meer tyd aan die saakvan die koninkryk af te staan... Boonop neem al hoe meer menseafskeid van die kerk. Daar word talle redes daarvoor aangevoer. Sommige meen daar moet meer gedoen word vir jongmense, want hulle isdie toekoms van die kerk. Maar dis nie waar nie. Natuurlik moetjongmense deel wees van die kerk maar die toekoms van die kerk hangnie van jongmense of mense af nie maar van Jesus Christus, die hoofvan die kerk. Ander is weer van mening dat die vorm van eredienstemoet vernuwe. Dis ook waar. Maar is dit die eintlike probleemwaarmee die kerk van vandag sit? Is ons nie besig om die simptome inplaas van die eintlike probleem aan te spreek nie? In ’n redelikonlangse artikel blyk dit dat spiritualiteit op ’n hoogtepunt is. Die musiekkanaal MTV het ’n ondersoek geloods en bevind dat 99,4%van jongmense in God glo... Maar wat gewildheid betref is dieChristendom onder aan die lysie. Ironies. God, ja, maar die kerk endie Christendom – nee dankie! Of nog anders gestel: God, ja, maarnie die God van die Christene nie. Dis duidelik, die kerk seboodskap kom nie by die wêreld uit nie! In Suid-Afrika gebeurdieselfde: ’n Dalende lidmaattal en dalende erediensbywoning,finansiële krisisse in gemeentes en onbetrokkenheid is aan dieorde van die dag. Ons weet hoe hard ’n klein kerngroepie in diegemeentes dikwels moet werk om die salarispakkette van predikante endie ander aksies van die gemeente te kan finansier.

Is dit soos dit moetwees? Hierdie stand van sake getuig nie eintlik van ’n groep mensewat gedryf word deur God se beloftes nie. Dit getuig glad nie vanmense wat só deur die visie van God vir die wêreld inbeslag geneem is dat dit hulle eie visie in beslag neem... en hullelewe in ’n nuwe koers laat gaan – soos in die geval van Abrahamnie. Die verhaal van Abram is van vroeg af verstaan as ’n verhaalvan God se mense in die wêreld. In Abram se verhaal hetdie kerk keer op keer haar roeping en identiteit gevinden versterk. Wat is hierdie identiteit enroeping van die kerk?

Wanneer God vir diesoveelste keer na die skepping weer oor begin met die mens, roep Hyweer `n doodgewone mens om in sy diens te staan. Net soos Genesis 1sê dat mense God se verteenwoordigers in die wêreld is,is Abram God se verteenwoordiger in ’n vreemde land. Abram wordgeroep om die seën te wees vir die nasies. Deurentyd isdit die roeping van God se mense. Dis ook die kerk se roeping (Ef3:1-11). As geseëndes is die kerk geroep om ’n seën virdie wêreld te wees. Wanneer die kerk nie meer die seënuitdra nie, is die kerk ongehoorsaam aan die roeping wat van diebegin af aan God se mense (= die geloofsgemeenskap) gegee is.

Die gevaar wat gedurigaan die kerk se deur klop, is om net na sy eie belange om te sien,net na binne te groei. Die kerk is egter gedurig in beweging na diewêreld, weg van sy basis af. Die plek waar die kerk moet wees,is in die wêreld, in die gemeenskap, langs die skool, die flieken die spoorwegstasie! Die kerk kan nooit soos ’n slak wees wat syhuis op sy rug dra, stadig beweeg, nou en dan sy voelers in diewêreld uitsteek en dan weer sy kop terugtrek nie. Die kerkmoet sout vir die aarde en lig vir die wêreld wees: ’n kerkwat onsigbaar in die wêreld is, het sy roeping versaak. ’nKerk wat wegkruip, wat om homself draai, het opgehou om Christus tevolg. Die seën van die Here moet gedra word na die plekke watGod aanwys.

Om gehoorsaam te wees aanhierdie opdrag moet die kerk veral besef dat ons nie te geheg aan dieaarde moet raak nie. Ons burgerskap is nie hier op aarde nie. SoosAbram keer op keer penne moes optrek en die tente moes platslaan, isdie kerk gedurig op weg na die beloofde land... Hierin lê dieidentiteit van die kerk op sy pelgrimstog deur hierdie wêreld– naamlik die prysgawe van menslike sekuriteite om te lewe uitGod se beloftes. Hierdie opdrag van God aan Abram kan vergelykword met Jesus se oproep aan sy dissipels om alles te laat staan enHom te volg: Wie hierdie God se toekoms wil deel, moet eers sy ofhaar eie toekoms prysgee. Die vraag is natuurlik wat mense dit laatdoen... Hierop is die antwoord: God se beloftes, God se Woord.

Mense wat die Here sóvolg, is nie gek nie. Dis baie meer stabiel as ons eie brosesekuriteite. Maar die mense trek weg en moet gedurig versit. SoosAbraham slaan hulle kamp op en vertrek dan weer. Hierdiepelgrimsbestaan is ook tiperend van die kerk totdat Christus kom. Gelowiges vind dit egter dikwels moeilik om aan hierdie nomadiesebestaan gewoond te raak en kies dan maar om nie uit die beloftes vanGod te lewe nie. Daarom word ons uiteindelik setlaars in plaas vanpelgrims. Dis dan dat die kerk sy identiteit as swerwer op die aardeprysgee en sy roeping versaak.

Dan vra ons nog waaromdie kerk van vandag met soveel probleme sit! Kerke is gevul metgelowiges wat nie meer weet wie hulle is en wat hul roeping of taakis nie. God se mense het ingeburger geraak in ’n wêreld waarons nie ons sekerhede vir onsekerhede verruil — soos Abram nie. Ons soek ons sekerhede in ons goeie finansiële state, onsgroeiende lidmaattal en vol eredienste. Ons roep mense op om diekerk te ondersteun, aktief in die gemeente te wees.

Maar ons waag dit moeilikom mense uit te stuur na plekke waar dit minder gemaklik is... Onsvind dit moeilik om ons te vereenselwig met hulle wat minderbevoorregis. Ons staan moeilik op om ons stem teen die ongeregtigheid in onssamelewing te laat hoor. Wanneer God die kerk roep om haarbeheptheid met bankbalanse, begrotings en duur kerkgeboue te laatvaar en in die armoede van die mense rondom ons in te klim en dienood te verlig, vind ons dit moeilik om aan daardie doel tebeantwoord. Dis so lekker in die kerk dat ons vergeet hoe sleg ditdaar buite gaan... en hoe nodig ’n kerk met visie in die wêreldis

Die rede waarom die kerk,Christene hul roeping en identiteit verloor het, isomdat ons ons visie op die ryk beloftes van God verloor het. SoosGod nuut begin met Abram, moet die kerk van vandag weer opnuut gaannadink oor sy roeping en identiteit. Wie is onsas Christene en wat is ons roeping? Die vraag is: besef onsdat dit die eintlike probleem is vir al die probleme waarmee die kerkvandag worstel? Die kerklike onbetrokkenheid, passiwiteit, gebrek aanmeelewing, die dalende lidmaattalle, die finansiële probleme,die groot uittog uit die kerk... Ons moet weer gaan nadink of onskerk is soos die Here dit beoog? Of ons as kerk nog aan ons doelbeantwoord...of nie? Ons moet dit weer herontdek in die verhaal vanAbraham: sy roeping, sy opdrag is ook die roeping en opdrag van diekerk...

Hier in Genesis 12 hoorons dat God sy drome nie so maklik prysgee nie. Hy is bereid om veelmoeite te doen om sy drome te realiseer. In sy groot genade enliefde het God weereens besluit om nie sy skepping prys te gee aandie sonde nie, maar om dit deur `n nuwe daad van ontferming envergewing te red! Dit is dan ook die rede waarom God vir Abrahamgekies het: In Abraham sou al die nasies van die aarde geseënword... Deur middel van Abraham (en sy nageslag ) sou die mens weerdie ewige lewe kan vind: want uit Abraham se nageslag word JesusChristus uiteindelik gebore! So is God: Hy is `n God wat nooit diewerk van sy hande laat vaar nie! In Christus wil God aan élkemens die ewige lewe skenk! Heb 11 sê dat Abram besluit het omdié God te glo...omdat hy iets van God se droom (= ideaal virdie wêreld) gesnap het. Daarom was hy bereid om alles op diespel te plaas; om alles prys te gee en weg te trek uit sy land wegvan sy familie af...

SoosGod vir Abraham geroep het, roep Hy ook vir u en my tot diens in sykoninkryk: En soos Abraham kan óns ook op God vertrou; kan onsook alles op die spel plaas ter wille van God en sy koninkryk: wantGod hou al sy beloftes. Godhet ál sy beloftes aan Abraham vervul! Daarom kan ons weet datGod se beloftes aan óns eg is: dat dit wááris... Daarom kan ons ons eie klein koninkrykies eenkant toe te skuifen saam met God begin droom (en begin werk!) aan die nuwe, beterwêreld...

Amen