Galasiërs 6:1-10

Het ons werke ewigheidswaarde?


Broersen susters in onse Here Jesus Christus:

Daarhet onlangs in 'n bekende tydskrif 'n artikel verskyn oor dieburgeroorlog in Sarajevo — 'n oorlog waarvan almal van ons seker algehoor het. Die artikel as sodanig was nie so interessant nie (veralomdat 'n mens nie die volle agtergrond het van die streekskonfliknie), maar wel 'n foto wat saam met die artikel geplaas was.

Opdie foto is daar 'n kerkmuur wat sleg deurgeloop het onder 'n sarsiegeweerskote. Orals in die muur is daar koeëlgate, gebarstepleister en stukkende stene. Maar interessant: in die middel van diemuur hang daar 'n beeld van die gekruisigde Christus. Ook Hy, enveral Hy, het erg onder die koeëls deurgeloop. Sy liggaam isgeskend, vol merke van geweld, sy kruis gehawend. Die oorlog daarhet dus blykbaar nóg vrou, nóg kind ... nóg Godontsien.

Hierdiefoto het my by myself laat vra: was Jesus se lyding aan die kruis niegenoeg om mens met God en veral mens met mens te versoen nie? Ja,wil ons dadelik antwoord. Maar hoekom dan nog die oorlog daar in diestrate en gangetjies, woonstelblokke en woonbuurte, waar die bloedvloei en noodkrete van vrouens en kinders sonder ophou gehoor word?

Waarom,broers en susters, wil 'n mens amper vra, waarom kom Jesus nie 'nslag van die kruis af en kom doen iets aan hierdie wêreld nie. Waarom stop God nie geweerlope toe en bring tenks tot stilstand nie? Waarom hang hy net swygend daar, terwyl die wêreld as' t warespot: Koning, Koning, aan die wand, wie is die sterkste in hierdieland?

Metander woorde, aan wie behoort hierdie wêreld: aan diemaghebbers of die magteloses, aan die grotes in die samelewing of aandie kleintjies, aan God se kinders of aan God se vyande? En nogmeer, wat is hierdie wêreld: maar net leë woeste aarde volgeweldenaars (op alle terreine), die koninkryk van God, of ietsie vanalbei?

Paulus,broers en susters, wil in antwoord op my laaste vraag geen illusie byons laat nie: as ons na die wêreld kyk, sien ons nie eintlikiets van God se koninkryk raak nie — God se koninkryk is oënskynliknog verborge, en die heerskappy van Christus oënskynlik nogvrugteloos. Dit oorheers nog nie in 'n wêreld wat vol sonde isen sonde broei nie. Dit heers nog nie in 'n wêreld waarinfeitlik almal na mag gryp nie — veral mag oor ander.

Daarom:wie in hierdie wêreld hierdie Jesus wil navolg, wie hier in syGees wil wandel, sal dit aan hulle lywe voel. En soos Jesus sesending na hierdie wêreld oënskynlik niks opgelewer hetnie, so ook ons arbeid in navolging van Hom.

Watmeer is, sê Paulus, as iemand 'n broer of 'n suster reghelp watin die sonde geval het, mag dit dalk net 'n tydjie duur of daardiepersoon val óf in dieselfde óf 'n erger sonde. En asons mekaar se laste dra, mag dit gebeur dat daar tientalle anderlaste op ons gelaai word, tot ons knieë knak. En net so mag onsbarmhartigheid in hierdie onbarmhartige wêreld voel na 'n paardruppels in 'n oneindige groot dam. Met ander woorde: ook ons watdie koninkryk wil laat kom, ons moet sê: so weinig vrug, soonindrukwekkend.

Watmeer is, broers en susters, is dat hierdie situasie kan maak datChristene moedeloos word, moeg kan word om goed te doen, datChristene kan verslap in hulle toewyding aan die saak van die Here. Ons is immers mense van vlees en bloed, broers en susters, ons is nieengele nie.

Endie bietjie wat 'n mens soms vir die Here doen, lyk soms nie veelmeer as 'n strooihalmpie in 'n stormwind, 'n sagte hou teen 'nstaalwand nie. Dit lyk ook soms vir ons of die wêreld nooitsal of kan verander nie. Ja, soms voel 'n mens dat jou gebede wat jybid in jou binnekamer, die paar blikkies kos wat ons vir diebehoeftiges gee, die paar vriendelike en bemoedigende woorde wat onsrig tot die siekes en eensames rondom ons, eintlik maar net 'n greepin die lug is, eintlik maar van nul en gener waarde.

Nogmeer, broers en susters, somtyds kry 'n mens selfs stank vir dank,verguising en verwerping. Na al jou insette, na al jou goeiebedoelings, nie eers 'n kwitansie, byvoorbeeld in die vorm van 'ndankie, nie. Ja, dit laat mense soms by 'n punt kom waar hulle sê:nou het ek genoeg gehad, nou het ek my deel gedoen, en basta.

Opal hierdie vrae en vertwyfeling, broers en susters, antwoord Paulusons vanoggend met die woorde van Galasiërs 6:7: Wat die menssaai, dit sal hy ook oes. Heel waarskynlik, broers en susters, hetPaulus hier die dwaallering in gedagte wat in die gemeente van Galatein die omloop was. In Galate was daar mense wat gereken het dat Godaan sekeres gawes gegee het (soos profesie) wat so 'n bietjiebelangriker en beter was as iets soos nederige en geduldige diens aanGod.

Watmeer is, hierdie siening het sulke afmetings in die gemeenteaangeneem dat mense in hulleself begin roem het, begin onderskei hettussen gewone en spesiale Christene. Vir sulke mense waarsku Paulus:pasop, moenie julleself mislei nie, God laat nie met Hom spot nie. En vir die met die skynbare gemiddelde en minder belangrike enimposante dinge in die gemeente besig was, bemoedig Paulus: ons salop die bestemde tyd die oes insamel.

Wantalles hang af van wat jy saai en waar jy dit saai. Wie op die akkervan sy sondige natuur saai, sal dood en verderf oes. Maar wie op dieakker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.

Metander woorde broers en susters: wat ons saai en waar ons dit saai drain homself reeds die kiem (saadjie) vir die heerlikheid of die dood. Dit mag nou nog verborge lyk, dit mag nou nog vrugteloos lyk, maardit is waar: ons lewe, ook die kleinste en nederigste detail daarvan,is deurdronge met ewigheidswaarde. Al dink ons nie so nie. Al sienons dit nie nou nie.

Dievaste wet van die koninkryk van God is egter dit: wat jy saai en waarjy saai, bepaal jou uiteinde, bepaal die kwaliteit van jou oesdag. Nou leef ons nog in die saaityd, daar waar ons op die land staan,uitgelewer aan die wind en die weer van die lewe, uitgelewer aan diewêreld en sy maghebbbers en sy boosheid en sy sonde en syversoekings, 'n staan op die land waar dit vir ons lyk of ons niejuis 'n duik in die wêreld maak nie.

Maarhou goeie moed, sê Paulus, daar sal eendag 'n oesdag wees. Onsdiens aan die Here is 'n belegging met groot rente, dit sal 'nonbeskryflike oes oplewer. Daarom, elke geleentheid om goed te doen,om iets te doen, is 'n geleentheid om aan hierdie oes mee te werk, 'noes wat ons uit die hand van die Here sal ontvang. En daarop kan onsreken.

Niedat ek hiermee wil sê dat ons goeie werke die oes waarborg nie. Nee. Christus waarborg dit. Ons saai immers nie op die akker vanons goeie werke nie, maar op die van die Gees. Ons saai en oes uitgenade, ons saai en oes omdat Christus self vir ons saad en oesgeword het, omdat Hyself as koringkorrel in die grond geval het,gesterf het, maar 'n oes vir baie, vir die hele wêreldopgelewer het.

Daaromweet ons, broers en susters, en dit moet ons bly glo: wie met tranesaai, sal die oes inbring (Ps 126:5). Want die Christus daar aan diewand van die kerkmuur in Sarajevo is die Koning van die konings, Hyis die sterkste in die land.

Daarom,broers en susters, laat ons nie ophou om goed te doen, laat ons niemoeg word om goed te doen nie, laat ons nie toelaat dat ons handeslap word nie. Solank ons die geleentheid het, laat ons goed doenaan ander. Al lyk dit nou vir ons asof dit nie juis iets doen aanons ou wêreldjie nie. Al dink ons dit sal nie eintlik iemandse lewe verander nie.

Diefeit is: as ons dit bly doen, saai ons op die akker van die Gees. Enwie daar saai, se lewe en dade het ewigheidswaarde. En wanneer 'nmens dit verstaan, is dit eintlik ongelooflik.

Amen