Lukas 23:26, 32-43

Hoe lyk ons spense?


Broersen susters in onse Here Jesus Christus:

TydensJesus se lewe het baie mense na Hom toe gekom. Op verskillendeplekke en op verskillende tye van die dag. Nikodemus, Fariseëren lid van die Joodse Raad, het na Jesus in die middel van die naggekom — omdat hy bang was ander sien hom. Die hoofman oor honderdhet in die middel van die dag na Jesus gekom. Die vrou wat aanbloedvloeiïng gely het het in die middel van die skare na Homgekom in die hoop dat Hy haar nie sou sien nie. Saggeus het in diemiddel van ‘n boom gaan sit om so na as moontlik aan Jesus te kom. Die ryk man het in die middel van die dag na Jesus aangehardloopgekom. Die melaatse man het Jesus sommer daar in die middel van diepad voorgekeer. En die verlamde man se vriende het hom deur die daklaat sak tot in die middel van die vertrek waar Jesus besig was. Enso kan ons nog baie ander voorbeelde noem.

Onderdiegene wat na Jesus gekom het was geleerdes. Magtiges. Die metinvloed. Belangrikes. Hulle wat verstote was. Die siekes. Dieeensames. En die rykes. Noem maar op.

Enhoekom het hulle gekom? Almal van hulle het een saak in gemeengehad. Hulle ‘hoop-kiste’ was leeg. Hulle het almal ‘ndoodloopstraat bereik: die verwerping en vernedering het net te veelgeword, hulle geld was op, die vrae het te veel geword, hulle kon niemeer nie. Hulle het niks gehad om aan te bied nie. En tog het hulleeintlik van Jesus alles gevra: ‘n nuwe geboorte, ‘n vars begin,‘n tweede kans, ‘n skoon gewete. Noem maar op. En, sonderuitsondering is daar aan hulle versoeke voldoen.

Ennou lees ons in ons gedeelte vanoggend dat nog ‘n bedelaar met ‘nversoek kom. Dit is minute voor sy dood. Hy sal krummels vra. En,soos al die ander, sal hy ‘n hele brood ontvang.

Sysituasie, meen ek kan ons met gemak sê, was haglik. Hy wasbesig om die laaste tree op sy trap van mislukking af te klim. Ditwas die een misdaad na die ander. Laer en laer het hy gedaal tot bydie mees vernederendste wat iemand in sy tyd kon oorkom: ‘ndwarsbalk met drie spykers. Sy enigste klere was die skande wat omhom gehang het. Hy was een stuk geskiedenis van mislukking.

Enhy sien vir Jesus wat langs hom aan ‘n kruis hang. ‘n Rukkievantevore het hy Hom gespot. Toe die skare Jesus gespot het, het hyook ‘n stewige versie ingesit. Maar nou spot hy nie meer nie. Want die man langs hom het hom aangegryp. Wie, het hy gedink, kanhierdie Man wees?

Wanthoe vreemd. Hy weerstaan nie die spykers nie. Hy nooi hulle amperuit. Hy hoor die belediginge, maar die Man antwoord nie terug nie. Hy sien die bloed op sy gesig, en al wat gesê word is ‘Vadervergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie’.

Hykyk na die soldate onder op die grond wat ‘n dobbelsteentjie gooivir sy kleed. Hy sien die teken bokant Jesus se kop. Dit sêsarkasties ‘Die koning van die Jode’. En hy besef: as hierdieMan niks was of mal was, sou hulle hom, soos hulle daardie tyd metsulke mense gemaak het, doodeenvoudig geïgnoreer het. As Hygeen volgelinge gehad het nie, sou hulle Hom weggestuur het. Ashulle Hom nie gevrees het nie, sou hulle Hom nie wou doodmaak nie. En hy besef: die Romeine maak net ‘n koning dood as Hy wel ‘nkoninkryk het.

En‘n vreemde deernis kom in sy hart op vir hierdie vredeliewendeMartelaar. Maar dan word sy gedagtes onderbreek deur sy misdadigervriend aan die derde kruis. Hy het duidelik ook Jesus bestudeer,maar vanuit ‘n totaal ander hoek. Want sy reaksie is totaalanders: ‘O so, dan is jy die Redder. Red jouself dan, en sommervir ons ook!’ ‘n Onverklaarbare misterie, daar aan die kruis,maar vandag in ons eie wêreld ook: dat twee mense dieselfdewoorde kan hoor, en dieselfde Verlosser kan sien, en totaal andersreageer. Die een sien hoop, die ander een sien net homself. Die eenontmoet Hom en wil meer weet, en die ander een stap onaangeraak weg. Party kom en kan nie anders as om te bly nie, en ander weer kan nievinnig genoeg wegkom nie.

Endan die woorde uit die eerste misdadiger se mond, gerig aan dietweede misdadiger aan die kruis: Vrees jy nie vir God nie?’ Hierdie woorde, broers en susters, glo ek het almal se aandag getrek. Daar was heel waarskynlik ‘n oomblik van verbaasde stilte. Wantwie sou nou kon dink dat hierdie geharde misdadiger aan iemand andersas homself kon dink? Hy was dan ‘n moordenaar, miskien ‘nbeursie-gryper. Ander het dan altyd deurgeloop onder sy selfsug enminagting van dit wat ander mense is en wat hulle het. Dit paseenvoudig net nie by hom nie.

Ditsou eerder by ander pas. Ja, as die baie meer geestelike Petrus ditgesê het, sou almal kon verstaan. ‘n Mens sou dit van ‘nbaie meer geleerde Pilatus verwag, wat geen skuld in hierdie mangevind het nie maar tog onder druk sy hande in onskuld gewas het. Ja, miskien die skare wat Hom gevolg het en soveel ontvang het. Maarhulle was ver op ‘n afstand. Beslis sy dissipels, maar hulle hetweggehardloop toe die druk erg begin word het.

Maarhierdie man? En hoor nogal sy woorde: ‘ Het jy selfs nie eers virGod ontsag nie? Vir ons is hierdie die regte straf want ons kry onsverdiende loon. Maar Hy het niks verkeerd gedoen nie’.

EnJesus, hoe reageer Hy? Ons weet nie. Dalk het Hy geglimlag. Wanthier was iemand wat met oorgawe in die skaapkraal ingestorm hetterwyl die Herder besig was om die hek toe te maak. Hier is ‘nskaap wat na veiligheid struikel terwyl die hek toeswaai.

Hoekom?Want in die teenwoordigheid van God het daar by hom iets gebeur? Gekonfronteer deur Jesus Christus het daar insig gekom. Insig wathom laat insien en laat sê: ons is skuldig, Hy is onskuldig. Ons is verkeerd, Hy is reg. Hy is nie aan die kruis vir sy sondesnie, maar vir ons sondes.

Toehierdie misdadiger dit verstaan, was die laaste versoek van sy leweeintlik heeltemal logies: ‘Dink aan my wanneer U in die koninkrykkom’. Geen verskonings nie. Geen regverdiging van sy dade nie. In wese ook geen boetedoening nie. Net ‘n wanhopige smeek om hulp. Soos Nikodemus, soos die hoofman oor honderd, soos die vrou wat aanbloedvloeiïng gely het, soos Saggeus, soos die ryk man, soos diemelaatse man en soos die vriende van die verlamde man.

Enaan die kruis verrig Jesus net daar nog ‘n wonder. Die wonder vanvergifnis. ‘Jy sal vandag saam met My in die paradys wees. Ditbelowe ek jou.’

Ja,slegs sekondes tevore was die dief soos ‘n bedelaar watsenuweeagtig sy hoed staan en frommel by die paleisdeur, terwyl hywonder of die koning hom darem ‘n paar krummels sal spaar. Enskielik is hy in beheer van die hele spens. Dit, broers en susters,sou ek oordeel, is die definisie van genade. Dit is wat die Bybelmet genade bedoel.

Genadewat ons ook in oormaat ontvang. Wanneer laas het ons ‘n opnamegaan maak van hoe ons spense lyk? Wat vind ons daarbinne? Netkrummels? Of ‘n spens wat bars uit sy nate. ‘n Spens volliefde, vergifnis, versorging, goedheid, noem maar op. Ja, al maakons maak ook die spens se deur soos bedelaars oop. Want die volspens verdien ons nie.

Watmeer is, broers en susters, is dat ons spense so vol is dat wat inons spens is dikwels sleg is. Omdat ons dit wat God op die rakke inons spense gesit het, nie gebruik word nie. Ook nie uitgedeel wordnie. Hoe voel ons nie, broers en susters, as ons byvoorbeeld te veelbrood gekoop het en ons moet van dit weggooi omdat dit al begin mufhet. Of as die melk suur geword het en ons dit moet weggooi?

Asons so voel, hoe dink ons voel God as Hy ons spens vol pak, en ditbinne die spens word sleg omdat ons dit nie met ander wil deel nie,of toe ons moes deel en nie wou nie, toe ons byvoorbeeld dit wat inoormaat op die rak vergifnis of deernis staan, nie wou uitdeel nie?

Vaneen ding kan ons seker wees: ons kan maar uitdeel, want God sal altydsorg dat ons spense vol is. Want God is genade.

Amen