Lukas 7:18-30

Is ons besig met godsdiens of beeldediens?


Broersen susters in onse Here Jesus Christus:

Ekwil vanoggend begin met die vraag: `Wie is God?’. En wanneer ekhierdie vraag vra, is daar seker dadelik sommige onder ons vanoggendhier wat sit en wonder: maar hoekom so 'n vraag. Want ons weet moswie God is.

Dievraag is egter, broers en susters, weet ons werklik wie God is? Wantas ons kyk hoe gelowiges, en ander mense, hierdie vraag antwoord, danwonder 'n mens regtig of ons nog weet wie God werklik is, en wat meeris, dit wil selfs lyk of mense deesdae probleme het met God, dat alhoe minder glo in 'n God `daar bo’.

Komek noem u 'n paar voorbeelde van antwoorde op ons vraag. Party sêGod is dood, want as God 'n God van liefde is, sal die wêreldnie lyk soos dit lyk nie. Ander weer sê God is die `misbruikteGod’, juis omdat God ingespan word deur ieder en elk om hulle eiesosiale, politieke en ekonomiese planne (of wat ook al) lyf te gee.

Virander weer is God die verborge God, die een wat geskep het en noumaar die wêreld aan sy eie lot oorgelaat het. Of, God is dieRegter, die een wat sit en kyk wat ons doen sodat Hy weet waar enwanneer om te straf. Vir ander weer is God die goeie ou Vadertjiewat versorg en vertroos, of die God wat maar net altyd vergewe, aldoen ons wat (want dit is mos God se werk om te vergewe, wordgeredeneer).

Ofdan - 'n laaste voorbeeld waarna ek later wil terugkom - en kom onsluister mooi wat hierdie digter oor God skryf:

God is ook maar net 'n naam

mooigeplaas in die woordeboek

hersienedruk streng alfabeties onder g

Letwel, koop asseblief die hersiene druk

Wantin die eerste druk is die woordjie God

metdie woordjie goed verwar...

So,broers en susters, wie is God nou regtig? Dus dalk nie so 'n lawween onnodige vraag nie.

WieGod werklik is, broers en susters, is egter nie 'n nuwe vraag nie,inteendeel, dit is 'n vraag so oud soos die Bybel self. Want in onsgelese gedeelte gaan dit presies oor hierdie vraag, naamlik, wie isGod. Die vraag word hier maar net effens anders gestel wanneerJohannes die Doper vir Jesus laat vra: ‘Is U die Christus, of moetons 'n ander een verwag?’

Diefeit, broers en susters, dat die Doper hierdie vraag vra, maak ditsoveel meer merkwaardig. Hoekom? Want was dit nie die Doper selfwat kort tevore nog met vuur en ywer verkondig het: na my kom iemandwie se skoenrieme ek nie waardig is om los te maak nie. Ek doop metwater, Hy sal julle met die Heilige Gees doop. Kyk, Hy staan met diesekel in die hand, op die dorsvloer sal Hy die kaf van die koringskei. En toe Hy Jesus daar by sy Jordaanse doopvont opmerk, het hyuitgeroep: Daar is die Lam van God wat die wêreld se sondes salwegneem. Dus: Daar is die verwagte Messias/Christus, en ek weetpresies wie Hy is.

Maarnou twyfel die Doper of hy reg was toe hy die Messias met sy vingeruitgewys het. Want nou sit hy in die tronk, en die man wat hy as dieMessias uitgewys het, maak siekes gesond en genees melaatses, blindesen kreupeles. Terwyl hy hier in benoudheid in die tronk sit, gaanJesus rustig voort om gelykenisse langs die meer te vertel. En kandit die Messias wees wat die koninkryk weer gaan oprig? Is Hy dieeen wat die koring van die kaf gaan skei? Is Hy die een wat diesonde gaan uitroei? Want sover preek Hy nog net vrede envergewingsgesindheid.

Ditkan tog nie die Messias wees nie. Daarom, gaan vra Hom of Hy dieMessias is en of ons 'n ander een moet verwag. Want dit lyk toghierdie Messias misloop, Hy voldoen nie aan die verwagtinge nie, ditkan nie Hy wees nie.

Dansien ons, broers en susters, gee Jesus 'n snaakse antwoord op dieDoper se vraag. Gaan sê vir Johannes wat julle hoor en sien:blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dooiesword opgewek, aan die armes word die evangelie verkondig, en:gelukkig is hy wat aan My nie aanstoot neem nie.

Dus,broers en susters, nie ja of nee nie, maar, gaan sê wat jullesien en hoor: dat blindes kan sien en kreupeles kan loop, dat dieevangelie aan armes verkondig word. Met ander woorde: dat dit gebeurwat Jesaja al voorspel het, dat dit gebeur wat die Skrif sê sougebeur. Met ander woorde Johannes, wil Jesus sê: wie hetgefaal: die Messias, of jou beeld van die Messias. Wat die Messiasmoes kom doen, of wat jy dink die Messias moes kom doen. Wat dieSkrif self sê die Messias sou kom doen, of die voorwaardes watjy van die Messias gehad het? Wat jy dus doen Johannes, impliseerJesus, is om die sukses of mislukking van die Messias te koppel aanjou beeld van wat die Messias sogenaamd moet wees, en nie aan wat dieMessias self is nie.

Enwanneer die Doper se afvaardiging vertrek, sien ons begin Jesus dievolk toespreek. En nou is dit Jesus wat die vraag vra, en baie, baieinteressant, amper presies dieselfde vraag as wat die Doper gevrahet, want die vraag wat Jesus vra is: `Is Johannes die wegbereider,of moet ons 'n ander een verwag?’. Jesus vra nie hierdie vraag inons teks nie, broers en susters, maar uit die antwoord wat Hy selfgee is dit duidelik dat dit die vraag is wat hier veronderstel word. Want kyk wat sê en antwoord Jesus:

Wathet julle uitgegaan om te sien toe van julle na Johannes die Dopergegaan het in die woestyn? Dat die wegbereider van hoë afkomssou wees, iemand met sagte klere aan, 'n riet wat deur die windbeweeg word (dus, 'n toonbeeld van rustigheid en kalmte), iemand watgerusstellend praat? En wat kry julle toe? Iemand met kameelhareaan, iemand wat oordeel verkondig! En wat gebeur toe? Toe het partyvan julle nie in Johannes se boodskap van bekering geglo nie, want hywas anders as wat julle verwag het hy sou wees. Dus, weer eens, wieof wat het gefaal, misgeloop: die wegbereider, of julle beeld van hoe'n wegbereider moes lyk en hoe hy moes praat?

Endan staan daar 'n merkwaardige sin in ons teks: die volk en dietollenaars en die sondaars het Johannes se woorde geglo, maar nie dieFariseërs en die wetgeleerdes (die teoloë van die tyd) nie. Dus: die wat sogenaamd maar so bietjie dom was, wat nie veel van Goden sy plan geweet het nie, wat nie vooropgestelde beelde van God ensy boodskappers gehad het nie, het geglo. Maar hulle wat sogenaamdpresies geweet het wie en wat God is en hoe Hy werk, hulle het niegeglo nie. En hoekom nie? Want Johannes het nie voldoen aan hullebeeld van hoe God se boodskapper sou lyk nie.

Isdit nie, broers en susters, presies hoekom van ons ook deesdae ooksoms met God sogenaamd 'n probleem het nie. En is dit nie hoekom onsmaar moet vra `maar wie is God, nie?’ Want het ons nie ook maarelkeen ons eie beeld van God nie? Het baie van ons nie ook maarlankal terug besluit hoe en wat God sogenaamd is en daarom sus en somoet optree en wees nie? En as God dan anders is, dan sê onsGod het gefaal. Maar wie of wat het dan gefaal: God, of ons beeldevan God? En by implikasie, wat is ons godsdiens dan na alles:Godsdiens, of beeldediens?

Komons neem net een voorbeeld om alles wat ons vanoggend gesê hetmiskien maklik oor te sê: God is liefde. Hieroor sal ons almalsaamstem. Dit staan tog in die Bybel. Maar wat beteken dit? Ditbeteken, sal van ons dalk sê, dat God my moet versorg (Hy hetimmers so belowe), dat ek nie ernstig siek sal word nie, dat mykinders op skool goed sal vaar, dat dit met my finansieel goed salgaan, dat ek rustig en vreedsaam sal kan leef op my eie plekkie, datal my sondes vergewe sal word, dat God my altyd sal verdra en geduldmet my sal hê, en so kan ons aangaan.

Enwanneer dit nie gebeur nie, wanneer ek wel siek word, my werkverloor, my kinders sukkel op skool, God se liefde van my wederliefdebegin vra in baie baie moeilike omstandighede, ek ander moet beginvergewe, ander moet begin verdra (bv in my eie huis), ek bid maar Godantwoord nie, wat sê ons dan? Dan sê ons, broers ensusters, en soms so maklik: God het gefaal!

Danis die vraag egter eintlik, broers en susters: Wie het gefaal, God,of my beeld van God? Wat God doen, of wat ek van Hom verwag het Hymoes doen?

Diegediggie wat ek aan die begin aangehaal het sê dat party mensedie woordjie God met die woordjie goed begin verwar het. Natuurlikis God goed, maar God is nie net goed nie. God is ook meer as goed,inteendeel, meer as enige prentjie of beeld wat ons van Hom kan tekenof opstel.

Netso, broers en susters, en laat ons dit vir 'n slag miskien maar sê,voel ons soms oor die kerk. Wanneer ons 'n probleem met die kerkhet, is ons probleem met die kerk, of met die beeld wat ons van diekerk het. Met ander woorde, as die kerk sus of so maak, dwaal diekerk omdat dit nie meer kerk is nie, of dwaal die kerk omdat dit niemeer inpas by my beeld van die kerk nie.

Wieis God, broers en susters? God is die een wat in onmeetlike liefdesy Seun vir ons gegee het dat ons die lewe kan hê. 'n Daad vanliefde wat wederliefde vra: liefde tot God en tot ons naaste. Hierdie is God, nie 'n beeld van God nie. Want dit is wat die Bybelvan God sê.

Wiedus met gebalde vuisies na die hemel skree omdat God nou weersogenaamd sus of so gemaak het, wie alles wil ontvang en niks wilteruggee aan God en die een saam met my nie, wie vir God sê jymag nie dit of dat nie, wie sê God moes eerder so as so gemaakhet, kla God aan. Sê God het sogenaamd gefaal. Sê onsmoet 'n ander Een verwag. En dit alles omdat God nie inpas by mybeeld van God nie.

Dievraag bly dus, broers en susters: Nie alleen `wie is God nie?’,maar ook, wie dien ek, God, of my beeld van God. En in die kerk, enhierdie is myns insiens die belangrikste vraag van alles, wie dienons: God, of hoe ons wil hê God moet wees?

Isons dus besig met godsdiens, of beeldediens? Is ons nog kerk, gloons nog regtig?

Asdie wêreld sê ons dade sê dit nie, moet ons miskienbegin vra hoekom die wêreld sê God is dood, en ook, diekerk is dood.

Amen