Lukas 5:27-32; Matteus 21:28-32

Kerk en wêreld


Broersen susters in onse Here Jesus Christus:

Soosons die kerkplein in die middestad het wat aanvanklik die middelpuntvan Pretoria was met groot simboliese betekenis, is daar 'n plein inBrussels (in België), wat bekend staan as die Koningsplaats.

Wat kenmerkend van die geboue ophierdie plein is, is die feit dat aan die een kant van die plein driegeboue staan wat vas aanmekaar gebou is. In die middel staan daar 'nprominente kerkgebou. Links van die kerkgebou staan daar 'n geboumet twee ingange. Bo die een ingang staan daar `Arbitrasiehof' en bodie ander `Egskeidingshof'. Die gebou aan die regterkant, ook vasaan die kerk gebou, se opskrif weer lees: Bank van Brussels.

Toeek die eerste keer 'n foto van hierdie gebou gesien het, was ek soeffens geskok. Die kerk en die egskeidingshof reg langs mekaar? En'n bank (ek wil amper sê Mammon) reg langs die kerk? Dit grensaan heiligskennis.

Totek mooi daaroor gaan dink het. Waar sou ek dan wou hê die kerkmoes staan? Iewers eenkant op 'n plein? Of moes die bouers dieegskeidingshof iewers eenkant weggesteek het? Of liewers die bankver van die kerk af in 'n ander straat, daar waar besigheid bedryfword?

Wathet ek besef, broers en susters? Dat as die kerk my pla omdat hydaar staan waar hy staan, daar iewers fout is met my siening van diekerk. Want die kerk, broers en susters (en onthou maar altyd, as onsvan die kerk praat, praat ons van ons, want ons is tog die kerk),lewe tog nie langs die wêreld nie, leef nie buite die wêreldnie. Iewers oorkant die plein of iewers op sy eie erfie nie.

Watmeer is, die kerk is juis, en dit leer ons veral uit die lewe vanJesus, na tollenaars gestuur, na mense wat so verskil dat hulle in 'nhof mekaar kan dagvaar. En juis daarom, broers en susters, is dit inwese so dat die kerk nie eintlik op 'n ander plek kan staan as tussendie hof en die bank nie. Want as die kerk verteenwoordiger van Godop aarde is (of ten minste: behoort te wees), moet dit midde in diewêreld wees, soos Jesus in die wêreld ingekom het, moetdie kerk vir die wêreld wees, soos God vir die mens is.

Op'n dag, lees ons in Lukas 5:27-32, het Jesus by wyse van spreke by 'nbank ingestap en vir die bankbestuurder gesê: volg My. Diebankbestuurder gaan toe saam met Jesus. Hy gaan sover om Jesus virete te nooi, 'n uitnodiging wat Jesus dan ook aanvaar.

Maarwat gebeur toe? Die kerkmense van daardie tyd, die Fariseërs enSkrifgeleerdes, was geskok, en vra toe vir Jesus se dissipels: maarhoe kan julle saam met sulke mense, mense wat deel is van die wêreld,eet? Waarop Jesus geantwoord het: `Gesonde mense, mense deel van diekerk, mense wat God ken, wat poog om waaragtig voor God te leef, hetnie 'n dokter nodig nie. Die siekes, hulle sonder God, het egter wel'n dokter nodig. Met ander woorde: die kerk is nie bedoel omafgesonderd in die wêreld te bestaan nie. Die kerk moet weetwat in die wêreld aangaan en waar hy kan, waar dit moontlik is,sy lig in die wêreld laat skyn.

Somskan die kerk, broers en susters, en ek praat nou hier van u en van myas die kerk, so 'n dubbele bestaan voer. Aan die een kant is onssoms baie vroom. Ons gaan kerk toe, lees ons Bybels, en woon onsgemeente se byeenkomste by. Ons praat ook dikwels hartlik saam oorGod en oor die koninkryk, wat God wil hê ons moet wees en hoeons moet leef.

Maardan is die grense van die koninkryk waarvan ons praat, dikwels so engen nou. Dit eindig by die voordeur van die kerk, by sy ringmuur ofby die traliewerk rondom die kerk.

Wantdie koninkryk van God waaroor ons soms so hartlik praat sluit nie diewêreld van ons familielewe of werkplek in nie. Binne die kerkpraat ons hartlik oor vergiffenis en genade. Maar wanneer ons diehekkie van die kerkterrein agter ons toetrek, en ons maak onstuinhekkie, ons kantoordeur of ons motordeur oop, kan mense somsbitter moeilik raai dat ons eintlik tog kerkmense is. Want binne onshuise verander ons so maklik in mense wat nie kan vergewe nie, watleef asof hulle geen kennis het van God se liefde nie. Of, wanneerons die kantoordeur oopmaak, dan geld geen genade meer nie.

Mensesê dikwels, broers en susters, dat die kerk, en dan bedoelhulle eintlik die dominees van die kerk, geen benul het van wat indie wêreld daarbuite aangaan nie. Want sê hulle, hoorhoe preek hulle, hulle preek by die lewe daarbuite verby. Dit isheeltyd net vergifnis, liefde, jy moet jou vyand liefhê, nie 'noog vir 'n oog nie, draai die ander wang. Miskien is dit dikwelswaar, broers en susters. Dalk ook van my.

Maarons wat Sondae in die kerkbanke sit, ons woon mos in huise, party het kinders in die skool, werk iewers, leef iewers of beweeg iewers. Hoe kan dit dan waar wees dat die kerk (ons) geen benul het van watdaarbuite in die wêreld aan die gang is nie?

Dievraag is dus: is dit werklik so dat die kerk geen kennis van diewêreld daarbuite het nie, of is dit eerder die geval dat diekerk geen benul het van wat ons met die evangelie, wat in die kerkgepreek, geglo en gehoor word, daar buite in die wêreld moetgaan maak nie? Want staan die evangelie wat ons glo, broers ensusters, nie bekend as goeie tyding vir die wêreld nie? Goeietyding vir gesin en ekonomie, werk en ontspan?

Metander woorde: is dit regtig die geval dat ons hier besig is met dingewat geen betrekking of waarde het vir wat daarbuite gebeur nie, ofheg ons so min waarde aan dit wat hier binne gebeur, wat ons hierhoor en glo, dat ons reken dit kan maar hier bly. Dit hoef niedaarbuite gehoor en geleef te word nie?

As'n mens, veral op die platteland, enige klein dorpie binnery, is dieeerste ding wat jy eintlik al van ver af gesien het, die kerktoring.Kerktorings wat na die hemel wys. Miskien, broers en susters, praatons in die kerk te veel oor die hemel en te min oor die aarde. Wantwaarom lyk ons land soos hy lyk, waarom lyk ons gesinne soms sooshulle lyk, waarom lyk ons verhoudings soms soos hulle lyk. Waarom aldie tweedrag en twis, al die bloedvergieting en geweld? Die vraag isdus, en laat ek baie eerlik wees, broers en susters, ek dink enwonder baie hieroor: as ons as kerkmense uit die kerk, onder diekerktoring sou uitstap, en gaan leef soos Christene, gaan leef soosmense wat God ken, sou alles rondom ons nie anders gelyk het nie?

Miskienis ek te optimisties. Miskien is ek te naïef. Ek dink dalkalles is sommer net so eenvoudig. Maar 'n ander vraag is ook: watdan van die plekke waar dit wel so is, wat dan van die gesinne waardie dinge van die hemel deel is van die dinge van die huis, wat vandie gemeenskappe wat in geloof na mekaar uitreik, hoekom is iets vandie koninkryk daar sigbaar?

Ofgeliefdes, dalk gaan dit met u en met my dalk soos met die twee seunsin die gelykenis wat Jesus op 'n keer vertel het? 'n Man het tweeseuns gehad, en vir hulle opdrag gegee om vir die dag in die wingerdte gaan werk. Die een seun het gesê hy sal gaan, maar toe niegegaan nie, Die ander een weer, het vir sy pa gesê hy sal niegaan nie, maar het toe later spyt gekry en tog gegaan.

WatJesus, by implikasie wou sê is dit: party van ons stap by diekerkdeur in, in die openbaar, en sê ja, ek wil hier wees, ekwil van al God se liefde hoor, hoe goed Hy vir my is, wat Hy vir mygedoen het en belowe om nog te doen. Maar as ons die hekkie na diediens toemaak, dan sê ons: nee dankie, ek stel nie meer belangnie. Miskien volgende Sondag weer.

Vanso 'n kerk, broers en susters, het Jesus gesê: die tollenaarsen prostitute (sondaars) gaan julle voor in die koninkryk van diehemel. Want hulle kry spyt dat hulle nee gesê het, en gaandoen dan wat van hulle verwag word.

Miskienmoet ons daarom volgende keer, broers en susters, wanneer ons 'n kerkwil bou, die argitek vra om die gebou nie liefs eenkant te laat staannie, maar sommer die hof en die bank en die sportveld, die kafee,'nklomp huise, selfs 'n woonstelblok, noem maar op, een eenheid te laatvorm met die kerk.

Miskiensal ons dan, wanneer ons kerk toe kom, of daarby verbyry, dat diekerk en die wêreld nie twee verskillende plekke is nie, maardat die kerk in die wêreld is, dat die kerk, ons, in die wêreldlewe. Ja, dat die kerk juis gestuur word na mense in die wêreld,van die wêreld en deel van die wêreld.

Terwylons onthou: God is nie net in die kerk teenwoordig nie. Ook in diewêreld. Ons leef ook nie net in die kerk nie, maar ook, enveral, in die wêreld. En God sien wat in die kerk en wêreldgebeur. Wat ons in die kerk doen, hoor, glo en aanvaar. En wat onsdaarmee in die wêreld gaan doen. Daar waar ons woon, leef,werk en besig is.

Amen