Efesiërs 3:14-21

Liefde wat ons verstand te bowe gaan


Geliefdes van ons Here Jesus, die teksvers van onsprediking is vanoggend uit ons gelese gedeelte, verse 18 en 19: “Magjulle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd enver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle syliefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan ...”

Broers en susters, weet ons regtig hoe lief die HereJesus ons het ... ja, selfs diegene van ons wat nie sulke watwondersegelowiges is nie? Besef julle dat die liefde van God, soos dit inJesus Christus se lewe na vore kom en geopenbaar word, nie werklik inmensewoorde beskryf kan word nie. Eintlik sou dit my preek vanoggendbaie makliker gemaak het as ek bloot kon sê dat, omdat ons niewerklik begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christusstrek nie, ons dit net in stilte moet aanvaar, en maar huis toe moetgaan. Ongelukkig is dit nou nie so eenvoudig nie. Daar is geenmanier hoe jy aan iemand anders Jesus se opofferende liefde kanbeskryf nie ... jou woordeskat skiet net eenvoudig te kort. Tog, alkan ’n mens dit nie in woorde beskryf nie, kan jy dit wel begryp... en daarvoor het jy beslis nie woorde nodig nie - dieomvangrykheid daarvan sal jou in elk geval stom laat. ’n Mens moetdit kan voel.

Wat bedoel ek daarmee? As jy aan Jesus se liefdedink, moet dit jou - híér binne - so laat warm word datdit jou terselfdertyd hoendervleis gee. Ek is seker dat die meestevan julle tog al so ’n ervaring gehad het: jy beleef of ervaar ietswat jou soveel plesier en genoegdoening gee, dat jy eintlik vanlekkerte hoendervleis kry. Dieselfde moet gebeur as jy aan dieliefde van God, soos Hy dit in Jesus openbaar het, dink ... andershet jy nog nie begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde vanChristus strek nie.

Gemeente, kom ons kyk of ek vir julle daardiewarm-koue gevoel kan gee. Stel julleself die volgende toneel voor -dit speel af tydens die oorlog tussen Viëtnam en Amerika, soklompie jare gelede: die meeste van ons het tog al hierdie soort vanflieks gesien waar die Amerikaners in die bosoorlog teen dieViëtnamese baklei, en gewoonlik ook wen. Hierdie verhaal wat ekwil vertel, word oorvertel as die waarheid: die Amerikaners het, in’n poging om die Viëtnamese se moraal te breek, ’n kleindorpie met bomme bestook. Feitlik al die inwoners van die dorpie hetomgekom, behalwe vir ’n boetie en sussie. Die sussie het niksoorgekom nie, behalwe vir ’n paar skrape en kneusplekke, maar haarboetie was bewusteloos en het aan veelvuldige brandwonde en beseringsgely. Toe die Amerikaanse soldate later deur die dorpie beweeg, hethulle op die twee kinders afgekom. Beide van hulle is toe met ’nhelikopter na een van die veldhospitale afgevoer. In die hospitaalhet die Amerikaanse dokters agtergekom dat die seuntjie aan ’nseldsame bloedgroep behoort, een wat nie in daardie veldhospitaalbeskikbaar was nie ... al hoop was sy sussie. Gelukkig het hullebloedgroep ooreengestem.

Deur middel van een van die verpleegsusters, wat sopaar woorde Viëtnamees magtig was, het sy vir die dogtertjiegetolk. Sy het vir die dogtertjie probeer verduidelik dat hulle ’ndringende bloedoortapping op haar boetie moet doen. Wat sou gebeur,is dat sy sommer direk aan haar boetie gekoppel sou word, terwylhulle aan hom opereer. Volgens die dokters, wat later hierdieverhaal oorvertel het, het sy vir ’n paar oomblikke gehuiwer en toegrootoog ingestem. Terwyl haar bloed deur die verbindingsbuis nahaar boetie oorgeloop het, het sy saggies begin huil en uiteindelikflou geword ... moontlik van te veel spanning. Mettertyd het ’ndokter, wat Viëtnamees vlot kon praat, daar opgedaag en dieoperasie waargeneem. Die operasie was geslaag, en beide die kindersis na ’n saal geneem om daar aan te sterk.

Later het die Viëtnamese dogtertjie bygekom enverbaas haar oë gevryf, so asof sy nie kon verstaan waar sy wasnie. Die dokter het met haar begin praat, en stuk-vir-stuk komhierdie verhaal, wat enersyds ’n mens warm maak, en jou andersydstog ook hoendervleis gee uit: die prosedure wat die verpleegsterverduidelik het, is deur die dogtertjie verkeerd verstaan. Sy hetgedink dat hulle haar gaan doodmaak, sodat haar boetie haar bloed konkry om te oorleef. Die wonderlike is: sy was bereid om dit te doen,net sodat haar boetie kon leef!

Inderdaad ’n buitengewone verhaal ... sommigemense mag sê dat dit, tipies Amerikaans, ’n oordrewe verhaalis. Ander weer mag sê dat dit sommer snert is, of uit die duimgesuig. Ongeag of dit nou waar was of nie, dit bly steeds ’nbuitengewone verhaal ... dit bly steeds ’n buitengewone optrede vandie dogtertjie. Dit laat ’n mens skoon warm kry as jy besef hoelief sy vir haar boetie moes gewees het ... en tog, dit laat jou ookhoendervleis kry oor die werklikheid van waartoe daardie dogtertjie,soos sy uit daardie verpleegster se verduideliking verstaan het,bereid was om te gaan.

Geliefdes van ons Here Jesus, hierdie“hoendervleis”-gevoel kan ’n mens slegs op een van twee manierebeleef: jy moet óf die gebeure self gesien en ervaar het, enelke keer as jy daaraan terugdink, dan kry jy weer van voorafhoendervleis, óf, as dit aan jou vertel word, moet dieuitsonderlike aard daarvan jou só aanspreek, dat jy nie anderskan nie as om hoendervleis te kry. Onthou, dit is nie doodgewonegoed in ons lewens en alledaagse optredes van mense wat jou hierdiewarm-koue gevoel laat kry nie. Nee, dit is juis daardie dinge watjou laat sê: “Nooit! Dit kan nie wees nie! Regtig?” watmaak dat jy hierdie lekker hoendervleis-gevoel kry.

En omdat ons nie self teenwoordig was by Jesus sekruisiging om te kan sien en beleef hoe lief Hy ons werklik het nie,moet ons daarvan vertel word. Dit moet egter ook só vertelword, dat dit jou sal laat voel jy het dit self beleef ... selfgesien. Dit moet ook ’n reaksie van “Nooit! Dit kan nie weesnie! Regtig?” by jou laat ontstaan. En omdat jy nie kan glo datJesus vir jóú tot sulke uiterstes bereid was om te gaannie, gee dit jou hierdie hoendervleis-gevoel.

Hoe leer die Bybel ons van hierdie opofferende liefde van Jesus? Wel, Paulus bid vir die gemeente in Efese en dan sê hy: “Magjulle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan ...” (v19). Dit is mos ’n snaakse stelling om te maak. As ’n mens togiets wil leer ken, dan moet jy tog jou verstand gebruik ... ja, danis hierdie “grysstof” uiters noodsaaklik. Om egter die liefdevan Christus te ken, moet ’n mens eers begryp wat beteken Jesus seliefde alles: hoe wyd is dit ... hoe ver is dit ... hoe hoog is dit... en hoe diep is dit. Eers as ’n mens dít begryp, danverstaan jy waarom Paulus sê dat dit ons verstand te bowe gaan. Ons moet besef dat die liefde van Jesus nie op die intellektuelevlak lê nie, maar op die vlak van ervaring.

Liefde is nie maar net iets ván die Here nie, met anderwoorde, een of ander goeie kwaliteit of eienskap nie. Nee, in sywese ís God liefde (vgl 1 Joh 4:8 : “Wie nie liefhet nie,het geen kennis van God nie, want God is liefde”). Net so word dieverhouding tussen die Vader en die Seun ook gekenmerk deur liefde(vgl Joh 3:35 : “Die Vader het die Seun lief en het alles in syhand gegee”, en Kol 1:13 : “Hy het ons uit die mag van dieduisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seunwat Hy liefhet”). God se liefde kom daarin tot openbaring dat Hysy Seun na die wêreld toe gestuur het om namens ons te sterf (1Joh 4:9 : “Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: syenigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deurHom die lewe kan hê”). Ons verlossing van die ewige dood isdus ’n demonstrasie van God se liefde ... dit is liefde in aksie(vgl Rom 5:8: “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin datChristus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was”), sodat onssaam met Paulus kan bely: “... en nou is dit nie meer ek wat lewenie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hierlewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir mybewys het deur sy lewe vir my af te lê” (Gal 2:20).

Ja, broers, en susters, anders as in die verhaal van dieViëtnamese dogtertjie, wat die verpleegster verkeerd verstaanhet, en nie regtig hoef te gesterf het om haar boetie te red nie, hetJesus baie goed en duidelik sy opdrag verstaan: Hy móésin ons plek aan die kruis kom sterf ... ja, Jesus moes sy kosbarelewe kom opoffer vir ons nuttelose en ondankbare lewens! Waarom Hybereid was om op só ’n manier sy liefde te bewys, dit kanons nie verstaan nie, selfs nie eers al probeer ons in eenvoudigetaal sê dat Hy dit gedoen het omdat Hy ons liefhet nie! Hoekan ons, met ons beperkte verstandelike begrip, so ’n liefdebegryp? Die liefde wat ons ken, is selfsugtig, afgunstig,onwelvoeglik, en soek net ons eie belange. Die manier hoe ons liefdeuitleef, kan nie eers in dieselfde asem as Jesus se liefde genoemword nie ... snaaks, dit kan nie eers vergelyk word met daardieViëtnamese dogtertjie s’n nie. Dit, wat ons liefde noem, isniks anders nie as ’n teken van ons eie onvermoë om werklik tebegryp hoe lief Jesus ons het. As ons werklik sy liefde geken het,sou ons dit uitgeleef het ... ja, sou ons bereid gewees het om bloedte sweet vir ’n medegelowige ... selfs bereid gewees het om vir ’nmedegelowige te sterf, as dit van jou gevra sou moes word. Dítis ware liefde, sê Jesus: “Julle moet mekaar liefhêsoos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hysy lewe vir sy vriende aflê” (Joh 15:12-13), en dan gaanJesus selfs verder en sê iets nog meer skokkend: “... wantelkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sylewe om my ontwil verloor, sal dit behou. Wat help dit ’n mens ashy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of tegronde gaan?” (Luk 9:24-25).

Hoe ons dus daagliks lewe, is ’n sigbare teken vanons begrip, al dan nie, oor wat dit beteken as ons sê dat Jesusons liefhet. Dit sal ook wys of ons werklik begryp hoe ver en wyd,hoe hoog en diep die liefde van Christus strek. Die feit dat dieHere ons werklik liefhet, is nie maar net ’n wonderlike en mooiverhaaltjie om oor te vertel, soos dié een van die Viëtnameseboetie en sussie nie. Nee, dit is die wesenskenmerk van ons geloof... dit is die “hart” van ons geloofslewe — daarsonder kan onsnie leef nie. Die mens se hele lewe en wese was besoedel envertroebel met boosheid en sonde ... dit het ons stadig maar sekerdoodgemaak. Om die beeld van die sussie en boetie te gebruik: onshet as’ t ware ’n bloedoortapping nodig gehad om weer te kan leef... en Jesus was bereid om nie net ’n bietjie van sy eie bloed tegee nie, maar alles ... sy hele lewe. Hoekom? Sodat ek en julle,nie net nóú kan lewe nie, maar ook vir ewig. Dit iswaarom Paulus dan op die ou end ook sê dat God by magte is ombaie meer te doen as wat ons ooit kan bid of dink (v 20). En ditlaat ’n mens stom van woorde as jy besef dat dit is omdat Hy liefis vir jou. God se liefde het nie ’n reserwe nie ... onswoordeskat wel! Dit moet ons egter nie verhinder om wel God seliefde te ken nie, want deur die uitleef van ons sigbare liefde, isons eintlik besig om God se liefde hard en duidelik te beskryf,sonder woorde. Geen woorde is nodig waar ’n mens liefde beleef nie... nee, net ’n warm-koue gevoel van dankbaarheid.

Amen