Lukas 9:28-36

Luister na Hom!


Broersen susters in onse Here Jesus Christus:

Onslewe in ‘n tyd waarin ons, en veral ons kinders, aan ‘n geweldigeklomp invloede en standpunte blootgestel word. Ook op godsdienstigegebied. Die Jodedom stuur ons na die Wet en na Moses. Die Koranstuur jou na Mohammed. Boeddhiste nooi jou om saam met hulle temediteer, en die spiritiste sê kom sweef saam. Die palmleserwil jou hand hê, en die TV-evangeliste jou geld. Een kollegaraadpleeg die sterre, en ‘n ander een lees kaarte. Die agnostikussê niemand weet nie, die hedonis probeer nie eers weet nie, endie ateïs sê daar is niks om te weet nie. Om maar net ‘npaar voorbeelde te noem.

Nawatter stem moet ons luister? Wie moet ons glo? Wat moet ons glo? Lukas 9, glo ek, antwoord hierdie vraag baie duidelik. Kom ons kykwat gebeur in hierdie gedeelte.

InLukas 9:28-36 lees ons, om dit prakties te stel, vir Petrus, Johannesen Jakobus op ‘n gebedskamp. En terwyl Jesus bid, vertel Lukasons, het sy voorkoms verander en sy klere skitterwit geword. Wat ditveroorsaak het, broers en susters, is moeilik om uit die teks af telei. Ek glo egter dat ons kan sê dat Jesus God seteenwoordigheid so intens ervaar het, dat sy gelaat verander het. Want niemand van ons kan tog in God se teenwoordigheid kom en ooitweer dieselfde wees nie (maar meer hieroor later).

Skielikdan, lees ons, was daar twee manne by Jesus, Moses en Elia. En hullepraat met Jesus oor wat gaan kom. Oor sy dood en opstanding en syhemelvaart. Dit glo ek, kan ons duidelik uit vers 31 aflei. Natuurlik die regte twee mense om met Jesus hierdie gesprek te voer,as ons in ag neem hoe beide Moses en Elia gesterf het en dadelikopgeneem is na die hemel toe.

Intussen,lees ons, kry Petrus, Jakobus en Johannes ‘n lekker slapie in. Entoe hulle wakker word, sien hulle die twee manne by Jesus staan, opdie punt om Jesus te verlaat. En wie anders as Petrus wat dadelikmet ‘n voorstel kom: laat ons drie hutte bou, een elk vir Jesus,Moses en Elia. Want dit is goed dat hulle hier is, en dan kan almalsommer hier bly.

‘nGoeie plan? Nie volgens God nie! Want ‘n hut vir elkeen vanhierdie drie sou Moses en Elia gelyk Jesus maak. En dit kan nie. Niemand kan ‘n platform met God deel nie. En daarom praat God: ‘Dit is my Seun’. Let op, broers en susters, nie ‘’n’Seun, of die ‘beste’ Seun nie, maar my Seun, my uitverkorene. Die enigste Seun. Daarom: luister na Hom!

Onsmoet hierdie woorde van God mooi verstaan, broers en susters. Wantkyk wie is hier en na wie moet daar geluister word. Moses diewetgewer, Elia die groot profeet, Petrus die Pinksterprediker,Johannes die evangelieskrywer en Jakobus die apostel. Almal na wieeintlik geluister kan word. Maar nie na hulle nie, sê God, namy Seun, luister na Hom.

Diefinale stem is Jesus. Hy is nie maar net een van vele stemme nie. Hy is die enigste stem. En as ons sê, broers en susters, datons sy kinders is, dat ons glo, is daar nie ‘n ander stem waarnaons kan, mag of moet luister nie. Daar is eintlik dan net een vantwee keuses: ons luister na God en sy Woord, of ons verwerp dit. Daar is nie ‘n derde moontlikheid nie.

Ofis daar? Soms lyk dit of daar vir baie van ons is. Want soms is ditvir ons God en ander stemme. En die feit dat ons soms so leef,broers en susters, moet ons nie mislei om te dink dat dit in God seoë ‘n opsie is nie. Vir God is dit óf óf, nooiten en nie.

Enkom ek belig dit deur van ‘n belaglike voorbeeld gebruik te maak. Sê nou u loop my iewers in die veld raak, en vra waarheen ekgaan. Ek kan noord of suid stap. En my antwoord: ek stap soord. Ekkan nie kies tussen noord en suid nie, daarom kies ek soord: ek gaanin albei rigtings stap. As u sou oordeel ek is nie heeltemal by nie,sou u nie verkeerd wees nie. Want om in twee rigtings gelyktydig testap, is eenvoudig net nie moontlik nie.

Neteen rigting is moontlik. Dieselfde geld vir die lewe van die geloof. As God sê ‘dit is my Seun, luister na Hom’, impliseer ditpresies dieselfde. Jy kan — as kind van God — net een rigtingkies: jy kan of voor God buig, of jy kan Hom verwerp, jy kan of erkendat Hy alleen God is, of godloos lewe, maar moenie met God speletjiesspeel nie.

Christusis nie maar net ‘n wonderlike voorbeeld van hoe ons behoort te leween mekaar lief te hê nie. Jesus was nie maar net ‘nbuitengewone of wonderlike mens nie. Hy was nie maar net nog ‘nbelangrike figuur wat gelewe het nie. Nee. Hy was en is God. MoetHom nie oor dieselfde kam skeer as Moses, Elia, Boeddha of Mohammednie. Hy alleen is Verlosser, Redder, die hoop vir alles en almal vanons. Dit sê God vir ons baie duidelik hier.

Luisterna Hom! Doen ons dit nog, broers en susters? Vanoggend hoor u system in die verkondiging. Hoor ons dit. Het ons, terwyl onsvanoggend na sy Woord geluister, gedink aan ons toewyding aan Hom. Het u, soos ek besef het, besef dat ons so dikwels en so maklik diederde opsie kies? Dat ons sowaar glo ‘n mens kan noord en suidstap? Al weet ons dit is nie moontlik nie.

Entoe ons dit besef het, broers en susters, wat het ons besluit? Hetons weer voor God in die gemoed gebuig en onsself weeronvoorwaardelik aan Hom en sy Woord verbind, of het ons besluit onssal dit miskien wel later oorweeg? En as ons besluit het dat onstevrede is dat ons tog besig is om Hom tog wel met oorgawe te volg,het ons God gevra om deur sy Gees diep in os in te delf en ons te wyswaar ons nog kan meer, dieper en beter?

Jesus,broers en susters, kan nie verklein word nie. As dit kom by God, isdaar nie eintlik keuses nie. Hy het vir ons alles gegee, daarom vraHy alles. Hy het gesê Jesus Christus is sy Seun, en na Homalleen moet ons luister. Doen ons dit? Hierdie selfde Seun het bygeleentheid gesê dat ‘n boom aan sy vrugte geken word. ‘nAppelboom kan tog nie pere dra nie. Net soos iemand nie gelyktydignoord en suid kan stap nie.

Hoelyk u en my vrugte? Hoe lyk ons toewyding? God gee ons vandag weerdie geleentheid om ‘n keuse te maak. ‘n Keuse wat na ons kanttoe kom enkel en alleen op grond van dit wat hierdie Seun van Hom virons gedoen het.

Moeniedat hierdie bekende boodskap die erns van hierdie gedeelte verdoeselnie. Want God het gesê: luister na Hom! Het ons geluister, enhet ons gehoor? As ons gehoor het, sal daar in ons lewens ‘n heleklomp dinge gebeur, nuut of opnuut. Want niemand, broers en susters— en dit glo ek van harte — kan een keer in God seteenwoordigheid gekom het, een keer sy liefde en genade beleef het,en ooit weer dieselfde wees nie.

Amen