Markus 1:40-45; 3:7-12

Lyk God se hande en ons hande dieselfde?


Broersen susters in onse Here Jesus Christus:

Indienons 'n film van die geskiedenis van ons hande sou maak, broers ensusters, hoe sou dit lyk? Heel waarskynlik sou die eerste skoot diéwees van 'n vuisie van 'n baba, en dan 'n nabyskoot van 'n paarvingertjies wat styf aan mamma se vinger vasklou. Heel waarskynlikdan 'n handjie wat aan 'n stoel vasklou terwyl jy leer loop, gevolgdeur 'n hand wat met 'n lepel leer eet. En kort voor lank sal onshande begin sien wat liefkoos: 'n hand wat met mamma se hare speel,of besig is om 'n hondjie te streel.

Onssal egter ook, broers en susters, hande begin sien wat aggressiefraak: hande wat ouboet wegstamp of 'n speelding gryp. Want almal vanons het al van vroeg af geleer dat ons hande die beste stukgereedskap is om ons emosies mee uit te druk. Dieselfde hand wat kanhelp of seermaak, uitreik of vasklou, ophelp of onderdruk.

Asons die film vir ons vriende sou wys, sou ons baie trots wees opsekere oomblikke: jou hand wat uitreik om 'n geskenk te oorhandig of'n prys te ontvang, dalk waar jy 'n ring aan iemand se vinger steek,'n maaltyd voorberei of jou hande saamvou in gebed.

Daarsal egter ook tonele wees, broers en susters, waarop die meeste vanons nie trots sal wees nie. Miskien sal daar vingers wees watbeskuldig, vuiste wat beledig. Hand wat meer vat as wat hulle gee,meer eis as wat hulle aanbied, meer seermaak as om lief te hê.

Hande,broers en susters, en dit is die punt wat ek wil maak, besitinherente mag. Onbeheerde hande word wapens, hulle gryp na mag, wurgvir oorlewing en draai hard om ander mee te manipuleer. Beheerdehande, aan die ander kant, getemde hande, hande wat aan God oorgegeeis, word egter instrumente van genade. En dan nie net werktuie inhande van God nie, broers en susters, hulle kan selfs God se handeself word.

Jesusse hande, broers en susters, was sulke hande. Sy hande was totaaloorgegee aan God. 'n Film oor Jesus se hande sal geen tonele insluitvan hande wat gulsig vat of onregverdig beskuldig nie. Dit sal egtereen toneel na die ander insluit — soos ons duidelik in Markus 3:10saamgelees het — van mense wat smag na sy aanraking: ouers watkindertjies bring, siekes met hulle vrese, sondiges wat gesmag het navergiffenis. En elkeen wat gekom het, is aangeraak. En elkeen wataangeraak is, is verander.

Soosdie naamlose melaatse van wie ons hier in Markus 1 gelees het. Dieverhaaltjie is baie eenvoudig, broers en susters. Die melaatse manmaak een verskyning, hy rig een versoek, en ontvang een aanraking. 'n Aanraking wat sy lewe verander het. Dit is al wat die verhaal sê.

Wanneerek 'n verhaal soos hierdie in die evangelies lees, broers en susters,kry die nuuskierigheid soms die oorhand oor my. Ek wonder altyd: watnog? Wie was byvoorbeeld hierdie man, hoe lank was hy al siek? Waarhet hy gewoon? Hoekom het hy na Jesus toe gekom? Sulke soort vraevra ek myself dikwels af. En miskien, broers en susters (ennatuurlik interpreteer ek nou), was sy verhaal iets soos dievolgende:

'nVolle vyf jaar het niemand aan my geraak nie. Nie 'n enkele mensnie. Nie my vriende nie. Nie my kinders nie. Nie eers my vrou nie. Hulle het net na my gekyk. Met my gepraat. Ek het die liefdegehoor in hulle stem. Ek het in hulle oë gesien dat hulleomgee. Maar ek het hulle aanraking nie gevoel nie.

Watvir julle alledaags was, het ek begeer. 'n Eenvoudige handdruk. 'nOmhelsing. 'n Kloppie op my skouer om my aandag te trek. Sulkeoomblikke het uit my lewe verdwyn. Ek het so aanraking begeer. Selfs as ek maar net die skouer kon skuur tussen 'n skare van mense. Maar vir vyf jaar lank het dit nie gebeur nie. Hoe kon dit? Ek wasnie op straat toegelaat nie. Selfs die rabbi’s het op 'n veiligeafstand van my gebly. Ek was nie in die tempel toegelaat nie. Ekmog nie eers in my eie huis bly nie. Want ek was melaats.

Sosou ek, broers en susters, oor hierdie man wonder. Juis omdatmelaatsheid in die tyd van die Nuwe Testament as een van die meesgevreesde siektes beskou is. Daar was swere, verrotting. Vingershet vermink geraak. Mense het soms stukkie vir stukkie hulle liggaamverloor. Wat meer is, daar is geglo dat dit aansteeklik was.

Diefisiese gedeelte van die siekte, broers en susters, was egter nie dieergste nie. Die sosiale aspek daarvan was. Melaatses is gereken asmense by wie 'n heilige God nie teenwoordig kon wees nie. Hulle was'n gevaar vir die samelewing. Buite die stadspoorte was hulle plek. Hulle was nie gereken as deel van die volk van God nie. Besmet deur'n siekte wat hulle nie gesoek het nie, vermy deur mense wat hulleken, verwerp deur mense wat hulle nie geken het nie, verdoem tot 'ntoekoms wat hulle nie kon verduur nie. Hulle het geweet: die lewesou nooit weer dieselfde wees nie.

Gebeurdieselfde nie vandag nog in ons tyd nie, broers en susters? Ons weetmelaatsheid steek nie aan nie, ons verban mense nie meer tot koloniesof bedek ons mond in hulle teenwoordigheid nie. Maar tog, broers ensusters, al is dit net soms, bou ons ook maar mure en wend ons oëaf.

Onsweet mos hoe wreed kinders kan wees. Daar is Jannie met die grootore, daar is Kosie, die kind van die dronklap. En ons wend ons oëaf. Geskeide mense ken hierdie gevoel. So ook gestremdes. Mensewat hulle werk verloor het, beleef dit. Mense wat een of ander foutin die verlede gemaak het, wat almal van weet, voel dit. Ons mengnie sommer met depressiewes nie. By hulle wie terminaal siek gewordhet, voel ons soms ongemaklik. Of hulle wat net wil wegkom vanalles. Hulle wat 'n stil, eensame lewe leef, wat lewe met die vreesvan verwerping. Wat nie meer eers aangeraak wil word nie. Wanthulle wil nie weer die risiko loop om seer te kry nie.

Daaromdat ek wonder, broers en susters: hierdie melaatse in Markus 1, watwas sy grootste vreugde? Dat Jesus hom genees het deur sy aanraking,of, dat deur Jesus se aanraking, hy weer rein was, weer tussen sy eiemense kon gaan lewe? Dat hy weer kon ervaar: mense gee vir my om,die wat ek liefhet, die wat ek nodig het, is weer daar om my teondersteun, en aan te raak wanneer ek dit nodig het?

Hoeveelkeer, broers en susters, het die aanraking van ander nie al onslewens verander, beïnvloed nie? Onthou ons nie altyd die handwat ons hand vasgehou het langs 'n oop graf nie? Of daardie hand opdie skouer in tye van beproewing? Selfs daardie opregte handdruk vanverwelkoming by my nuwe werk.

Kanons dit nie, broers en susters, aan ander bied nie? is dit nie wathierdie vertelling impliseer nie? Soos Jesus dit aan hierdie mangedoen het, doen God dit elke dag aan ons. Meer nog: God raak onsnie alleen aan nie, Hy hou ons vas in sy hande.

Partyvan ons doen dit alreeds. Ons gebruik ons hande om vir siekes te biden ander te bedien. Ons gebruik ons hande om die mense in my wyk tegaan besoek. Soms raak ons nie eers aan mense nie. Maar ons gebruikons hande vir daardie telefoonoproep wat so broodnodig was, watsoveel vir 'n ander beteken het. Of ons gebruik dit om 'n eenvoudigebriefie op doodgewone papier te skryf wat vir ander 'n kleinood word.

Andervan ons, broers en susters, is egter soms geneig om te vergeet. Onsharte is goed, maar ons geheues is swak. Ons vergeet hoeveel eenaanraking kan beteken. Of ons is bang ons sê die verkeerdeding, gebruik die verkeerde stemtoon of tree verkeerd op. Dus doenons eerder niks as om iets reg te doen nie.

Hoedankbaar moet ons nie wees, broers en susters, dat Jesus vir ons 'nander voorbeeld gestel het nie? Dat God vir ons, met sy hande, sySeun gestuur het nie? En dat Jesus se hande deurboor is, vir ons. Om ons hande vry te maak, vry te maak om God se hande te word.

Miskien,broers en susters, kan ons vanoggend afsluit en saamvat met 'neenvoudige vraag: Aan wie behoort my hande, aan myself of aan God? Wanneer my hand aan myself behoort, sal die met gebalde vuiste praat,dit sal gryp, meer wil ontvang as gee, dit sal manipuleer en wurg.

Maaras dit aan God behoort, sal dit ophelp, help, uitreik. Meer gee aswat hulle eis, meer offer as om te wil vat, meer liefhê asseermaak. Dit sal God se hande word.

Wiese hande dit nie is nie, is dit nie miskien omdat hulle nog nooitervaar wat dit beteken om deur God aangeraak te word nie. Nie aandie kruis nie, ook nie elke dag nie. Sulkes het juis ons aanrakingnodig.

Amen