1 Konings 19:1-21

Maak nie saak wat, God se saak gaan voort

Broersen susters in onse Here Jesus Christus:

Onsalmal ken die verhaal van Elia baie goed. Of dan, die verhaal vanElia se sogenaamde ondergang. 'n Verhaal wat begin het waar Eliahomself voor die magtige koning Agab bevind het en voorspel het datdaar die volgende paar jaar nie reën of dou sou val nie. Wattoe ook gebeur het. Dit is die verhaal van iemand vir wie diekraaie, op God se bevel, gesorg het. Die verhaal van iemand wat virdie weduwee van Sarfat kon verseker: die meel in jou kruik sal nooitminder word nie, ook nie die olie in jou kan nie. Wat ook toe sogebeur het. Dit is ook 'n verhaal met 'n hoogtepunt: by dieKarmelberg het Elia 450 profete van Baäl en 400 van Asjeraalleen aangevat en as 't ware alleen oorwin. Dus: 'n verhaal vaniemand wat bereid was om onverskrokke na God te luister en te volgwaar God beveel het.

Maardit is ook 'n verhaal met 'n laagtepunt, broers en susters. Want dieoomblik toe Elia hoor dat Isebel letterlik sy bloed soek, hardloopElia die barre, troostelose woestyn in waar hy onder 'n besemboseindig met die woorde: `Nou is dit genoeg Here!. Laat my sterwe. Ekkan nie meer nie!'

Ekdink, broers en susters, dat dit ontsettend moet wees wanneer 'n mensse lewe so 'n punt bereik het. Waar iemand werklik meen dat daarniks meer op sy sakelys van die lewe iets oorbly wat die moeite werdis nie. Laat die bekendheid van hierdie verhaal nie dat ons hierdiemoontlikheid miskyk nie. Mense kom wel soms by die punt wat hullewerklik meen dat die heel beste moontlikheid, inteendeel, dat dieenigste en laaste moontlikheid totale oorgawe aan ellende, die doodis.

Maargoddank, broers en susters, God gee nie sommer met iemand boedel oornie. Nie ons God vol liefde, genade en lankmoedigheid nie. Juisdaarom skryf God ook hier nie vir Elia af nie, maar stuur Hy 'n engelom Elia te gaan bemoedig. Elia het gemeen sy pad het by die besembosdoodgeloop, maar God maak daarvan 'n nuwe begin. Hy skuif die donkergordyne voor Elia weg. Hy maak vir hom nuwe deure oop. Want so isGod: waar ons meen ons het onsself vasgeloop, ken Hy nog baie anderpaaie.

Nousou ons, broers en susters, vanaand die preek net hier kon eindig. Ons sou kon sê: die gedeelte leer ons dat ook onsbesemboservaringe deur God omgekeer kan word. Dat ons oomblikke vanboedel oorgee deur God as geleenthede gebruik word om van voor af metons te werk. Dat die einde van ons moontlikhede maar net die beginvan God se moontlikhede is.

Dietrooswoord van hierdie stukkie geskiedenis, broers en susters, lêegter veel dieper as bemoediging van God se kant af in ons oomblikkevan neerslagtigheid. Baie, baie dieper.

WantElia het in 'n sekere sin daar onder die besembos reg gehad. Symoedeloosheid was nie maar net die gevolg van moeg word, luiheid ofslapheid nie. Hy het rede gehad vir sy gemoedstoestand. Want dingehet maar sleg vir Israel gelyk. Isebel was goed op dreef wat haarskrikbewind betref. Niemand is oorgesien nie. Gaan lees maar gerusin Konings hoe sy byvoorbeeld aan Nabot se wingerd gekom het. Ditkon net sowel in een van ons koerante gestaan het. Eers word 'nvasdag uitgeroep, en Nabot word in die voorste gestoeltes geplaas. Toe word twee manne aangestel om hom voor almal valslik te beskuldigdat hy glo die koning sou vervloek het. Waarop hy dan met klippedoodgegooi is.

Watkan 'n mens verwag van die toekoms as dinge soos hierdie, nogalgepleeg deur hulle wie in beheer van die land en godsdienstige sakeis, aan die orde van die dag is? Dit lyk dus vir Elia of God se saakregtig skipbreuk gely het. Hulle het die verbond verlaat, sy altareis afgebreek en sy profete doodgemaak. En korrupsie vier hoogty.

Daarombroers en susters: hierdie vertelling gaan oor meer as maar net dieboodskap dat God mense bemoedig in hulle oomblikke vanneerslagtigheid. Dit gaan hier oor meer as maar net een persoon watboedel wil oorgee. Dit gaan eerder oor die vraag: wat sal van God sesaak word as niemand Hom meer dien nie? Wat sal van sy verbondoorbly as almal dit verbreek?

Ofkom ons maak die vrae meer van toepassing op ons tyd: 'n mens souallerlei parallelle kon trek tussen die situasie van Elia en onssituasie vandag. Ons bevind ons tans, broers en susters, meen ek, op'n tog na die onbekende in hierdie mooi land van ons, 'n tog waar nieeen van ons werklik kan sê waar ons gaan eindig nie.

Ookhet ons geen waarborg uit die Bybel dat ons byvoorbeeld sal slaag metdie herstel van die ekonomie, of dat ons die geweldsvlak merkbaar salafbring nie.

Verderis die doemprofete volop, ook wat betref die toekoms van die kerk. Mense wat, so lyk dit soms vir my, net die negatiewe en slegte wilraaksien, en miskien, as gevolg van hierdie ingesteldheid, nie meerdie positiewe kan raaksien nie.

Wanthoor wat sê hulle: die kerk sal oor tien jaar nie meer lidmateoor hê nie. Ons sal nooit uit ons finansiële probleme komnie. Gemeentes sal nie meer die heffing kan betaal nie. Ons kinderssal nie meer in die skool pertinent Christelik opgevoed mag word nie. Evangelisasie sal nooit op dreef kom nie. Die sendingaksie van diekerk het klaar misluk, en moet liewers toegemaak word. Dieberoepafwagtende predikante sal geen beroepe ontvang nie. En so kanek aangaan, broers en susters. Hierdie is maar net 'n paar negatiewetone wat ek daar opgetel het.

Saldie kerk voortgaan, broers en susters? Sal God se verbond met sykinders bly staan? Sal daar nog mense oor wees wat God waaragtig saldien? Dit is die vrae vanaand op die tafel. En nou het Elia en, byimplikasie ons, hulle reeds geantwoord. Hoe, meen u, sou God hieropantwoord?

Komek gee u sy antwoord, 1 Konings 19:18: ‘Ek sal in Israel die seweduisend laat oorbly wat nie die Baälbeeld aanbid het nie’. Eksal 'n paar ware gelowiges laat oorbly. Ek sal my verbond in standhou. Ek sal die geskiedenis van my heil, die geskiedenis van volkereen kerke, laat voortgaan.

Juisdaarom God se woord aan Elia: ‘Wat maak jy hier. Elia?’ Waaromsit jy in sak en as? My saak gaan voort. Ek voer my planne uit,dwarsoor die ongeloof en teenstand van mense soos Agab en Isebel. Ekspan menslike besluite in om my koninkryk te laat kom. Ek buig selfsmenslike berekeninge om tot my voordeel. Maar my wêreld sal eknie prys gee nie.

Ditis, broers en susters, hoe ek hierdie gedeelte, en trouens ook dietrooswoord van die hele Bybelse boodskap verstaan: God se saak salvoortgaan. God sal nie die wêreld laat eindig in chaos waarindie mense dit dompel nie. Ook sal die magte van die wêreld,wie dit ook al mag wees, nie die laaste woord spreek nie. En watmeer: ook al die doemprofete in die Kerk, of dit nou ons Kerk ofander kerke s'n is, sal nie God se plan van koers af dwing nie.

Wantomdat God daarvoor sorg, soos Hy in die tyd van Elia by wyse van die7000 oorgeblewe getroues gesorg het, sal God se saak voortgaan. Ekwil amper sê: juis dit is die enigste sekerheid wat 'n mens kanhê in die tye waarin ons leef. En hierdie sekerheid moet onsnie alleen van weet nie, ons moet dit glo, leef en uitleef.

Want,broers en susters, die feit dat ons oortuig daarvan kan wees dat Godsy saak sal laat voortgaan, beteken beslis nie dat ons nie nou meeriets hoef te doen nie. Ons kan nie nou maar gaan sit en sê: isdit nie 'n wonderlike boodskap nie! God hou self sy kerk in stand! Hy sorg vir alles. Is dit nie wonderliker as wonderlik nie! Want asGod alles self in stand hou, kan ek mos maar net rustig toekyk hoeGod sy plan uitvoer!

MagGod ons spaar, broers en susters, dat dít nooit van u en vanmy gesê salword nie. Ja die Here is God. Hy regeer. Hy is in beheer. Sy saakis gewaarborg. Maar dit beteken nie dat u en ek nie deur God gebruikwil word nie.

Wantkyk wat sê God vir Elia in vers 15: ‘Daarom Elia, draai injou spore om!’. Meld weer aan vir die diens van God. Gaan salfvir Gasael as koning oor Aram, en vir Jehu as koning oor Israel. Engaan salf vir Elisa as profeet in jou plek. Gaan gooi jou mantel oorsy skouers. Want God se saak gaan voort.

God,broers en susters, laat midde-in die krisis sy koninkryk kom. Godhou sy saak in stand. God hou sy kerk in stand. Hieroor is diegedeelte baie, baie duidelik. So was dit in die tyd van Elia, so isdit ook in ons tyd. Maar dan moet ook ons, soos Elia (figuurlikgesproke, maar in sommige gevalle letterlik) ook in ons sporeomdraai.

Inons spore omdraai en positief by God se plan betrokke raak. Dat onssal bid vir God se kerk en sy koninkryk, ook vir ons land. Dat onsons doelbewus sal beywer vir die saak van God, maar ook vir diegemeenskap waarin ons leef. Dat ons die hande sal uitsteek na anderwat saam met ons in Christus as die enigste Verlosser glo, maak niesaak wie hulle is nie. Maar bo alles, dat ons elkeen onsself salverbind tot diensbaarheid aan ‘n saak wat baie groter is as al dieklein ou dingetjies wat ons soms so kinderagtig verdeel.

Ekwil afsluit met Hebreërs 12:3: ‘Wie die oog hou op JesusChristus, die Begin en Voleinder van ons geloof, sal nie geestelikmoeg word en uitsak nie’.

Sêdit vanaand weer vir uself. Gaan sê dit vir u kinders, Gaansê dit vir die wat saam met u werk. God se koninkryk is 'newige koninkryk. En kom ons gaan leef so, positief, dat dit duidelikblyk dat ons deel daarvan is.

Amen