Lukas 19:1-10

Om nie maar net te sien nie

Broersen susters in onse Here Jesus Christus:

Gedurende die vakansieblaai ek in ‘n boekwinkel deur ‘n pragtige boek met afdrukke invan die skilderye van die groot meesters soos Rembrandt en Leonardoda Vinci. Onder een van Van Gogh (die bekende Hollandse kunstenaar)se skilderye is die byskrif: ‘n Landskap van ‘n koringlandmet voëls wat daaroor vlieg. Kyk daarna en blaai dan om. Ekhet daarna gekyk en gewonder wat besonders aan dié skilderyis. Op die volgende bladsy was dieselfde skildery afgedruk en diebyskrif het gelees: Dit is die verlore skildery wat Van Goghgeskilder het net voordat hy selfmoord gepleeg het.

Skielik het ek dinge indie skildery raakgesien wat ek op die vorige bladsy misgekyk het. Bokant die geel koringland was daar dik swart wolke. Reg in diemiddel van die skildery het ‘n pad geloop wat duidelik in die verteverdwyn. En veral het dit gelyk asof die swart kraaie van jou afwegvlieg, weg al met die pad langs wat in die verte verdwyn.

Hoe presies die byskrifvan die skildery verander het, weet ek nie. Maar ongetwyfeld hetdit. En toe eers snap ek die titel van die betrokke hoofstuk in dieboek: Ways of seeing. Maniere van kyk.

In sekere sin is ditpresies waaroor die evangelie (en bediening van Jesus Christus gaan). Oor maniere van kyk. Oor ons manier van kyk. En oor God se maniervan kyk. En hiervan is die verhaal van Saggeus ‘n baie goeieillustrasie.

Kom ons begin by dieprentjie van Saggeus. Lukas begin deur te sê dat Jesus inJerigo aangekom het en dat Hy op pad was deur die stad. En danspring hy onmiddellik na die karakter wie se aandag hy van ons vra:‘n man met die naam Saggeus. Vir Saggeus beskryf hy met nethierdie woorde: ‘die hooftollenaar’ en ‘’n ryk man’. Maarhierdie twee beskrywings is meer as genoeg. Vanuit hoe ons na dielewe kyk kan ons hom onmiddellik plaas. Wat ons van tollenaars afweet, is hierdie man heel waarskynlik ‘n uitbuiter, ‘nmagsmisbruiker, iemand wat sy geld ten koste van ander, dalk oponeerlike wyses, maak. In kort: die soort persoon wie se getuigskrifbeslis nie die woordjie integriteit sal bevat nie.

Lukas maak ‘nveelseggende opmerking oor Saggeus. Hy het probeer om Jesus te sien,maar hy kon nie. Daarom gaan klim hy in ‘n boom om Hom te kansien. ‘n Mens kry egter die indruk dat Saggeus se pogings omJesus te sien eintlik maar net blote nuuskierigheid was, want selfstoe Jesus onder die boom kom staan van waar Hy die wêreldbespied, laat Saggeus nie ‘n geluid hoor nie.

Maar dan gaan staan Jesusen kyk op en sê: Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandagin jou huis tuis gaan. Waar Saggeus tjoepstil in die boom sit enneerkyk op die mense wat onder hom verbyloop, daar stop Jesus en kykop na die tollenaar wat sit en wegkruip. Ek dink Lukas se punt hieris duidelik. Alhoewel dit Saggeus is wat eintlik vir Jesus wou sien,is dit uiteindelik Jesus wat Saggeus raaksien.

En hierdie, broers ensusters, is ‘n geweldige belangrike verskil. Want Jesus kyk niemet nuuskierigheid na mense nie, Hy kyk met ontferming. En ek hoefnie tonne voorbeelde uit die evangelies te haal om dit te bevestignie. Daarom kyk Jesus nie alleen nie, maar praat Hy ook en maakbemoeienis. Sy kyk gaan oor in omgee en betrokkenheid.

Hierdie verhaal vanSaggeus wat probeer om Jesus te sien, word egter eers werklikfassinerend wanneer ons by wyse van spreke terugblaai in Lukas en kykna die konteks waarbinne Lukas dit plaas.

In die gedeelte wat direkaan Lukas 19 voorafgaan, word vertel dat Jesus naby Jerigo gekom het. En daar langs die pad het ‘n blinde bedelaar gesit. Hy het dierumoer van die mense gehoor wat saam met Jesus geloop het, en toe aandie omstanders gevra wat aangaan. Hulle antwoord hom toe: ‘Jesusvan Nasaret gaan hier verby’.

En let nou mooi op dieaangrypende verskil tussen die blinde man van hierdie vertelling enSaggeus: die siende Saggeus probeer om Jesus te sien, enwanner hy dit regkry, gebeur daar eintlik niks. Die blinde bedelaar,wat nie kan sien nie, sien Jesus met ‘n geloofsoog, want hy roep: Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!

En op die man se versoekdat hy kan sien, antwoord Jesus: Goed, jy kan sien!

In die gebeure wat op dieblinde bedelaar se redding volg, sien ‘n mens ‘n verdere ironiewat deur die vergelyking tussen die bedelaar en die ryk tollenaarduidelik word. Nadat die bedelaar sy sig teruggekry het, lees onsdat hy Jesus gevolg en God geprys het. Saggeus, daarenteen, wat kansien, sien Jesus nie werklik nie, hy praat nie eers met Jesus nie.

Hoekom nie? Heelwaarskynlik omdat hy geoordeel het dat hierdie man nie eintlik ietsvir hom kan beteken nie. Hierdie man het nie iets te bied wat hy niereeds het nie.

Watter geweldige grootironie! Die ryk man wat dink hy het alles wat nodig is, mis dit watJesus kan bied. Hy het dus alles, maar eintlik niks. Maar dieblinde bedelaar, wat niks het nie, kry alles. Want toe Jesusverbygaan, reageer hy in geloof.

Gelukkig, broers ensusters, eindig die verhaaltjie oor Saggeus nie hier nie. Want Jesuskyk nie en sien maar net nie, Hy kyk met ontferming na ander. Endaarom praat en doen Hy ook. Daarom word ook die ryk Saggeus gehelp. Jesus ontferm Hom nie alleen oor die bedelaar nie, maar ook oor dieryk tollenaar. En daarom word dit wat hierdie ryk man ook nodiggehad het, vir hom aangebied in sy ontmoeting met Jesus. Want Jesusleer hom nie alleen om te sien nie, maar leer hom veral om symedemens raak te sien.

Want wat is Saggeus seeerste reaksie nadat hy Jesus met blydskap in sy huis ontvang het? Hy het opgestaan, volgens vers 8, en vir Hom gesê: Here, ekgaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets vaniemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.

Nou moet ‘n mens mooioplet. Nadat Jesus vir Saggeus in die boom raakgesien het, het hyafgeklim en Hom met groot blydskap in sy huis ontvang. Maar eersnadat Saggeus verklaar het dat hy die helfte van sy goed vir diearmes gaan gee, sê Jesus: Vandag het daar redding virhierdie huis gekom.

Met ons, broers ensusters, behoort dit presies dieselfde te wees. Wanneer God onsraaksien, leer Hy ons ook om ander raak te sien. En op hoeveelmaniere sien ons nie vir God raak in ons eie lewens nie? Elke dag? Dink maar net wie ons is, wat ons het, wat God ons alles elke dagskenk, hoe Hy ons oorlaai met al sy wonderlike gawes. Soos met diebedelaar gebeur het, soos met Saggeus gebeur het.

Of kom ons sê ditanders: In ons daaglikse ontmoeting met Jesus Christus word onsgeleer om anders te kyk. In ons ontmoeting met Jesus Christus valdie skille van ons oë af (dit behoort altans!). Om te kan sien,dié dinge te kan sien waarna ons nog altyd gekyk het, maar nognie werklik raakgesien het nie. Om die mense na wie ons kyk en somsdeur hulle kyk en by wie ons verbykyk, te kan raaksien.

Die redding wat Jesusbring, is nie ‘n individualistiese saak nie. God se redding hefnie alleen ons isolasie van God op nie, maar ook ons isolasie vanmense.

Daarom mag ons as diekerk en as gelowiges nooit verlief neem, nooit vrede maak met diefeit dat ons soms deur ander kyk en verby ander kyk nie. Ook onsmoet begin kyk en nie maar net sien nie, maar sien met ontferming.

Wat sê dit niealles, broers en susters, vir ons as predikante van hierdie gemeentenie? Hoe kyk ons? Wat sê dit vir u as ouderling of diaken?Wat sien ons wanneer ons deur ons wyke beweeg? En ons as lidmate vanhierdie gemeente? Wat sien ons wanneer ons na hulle kyk wat saamdeel van hierdie gemeente God se mense uitmaak? Kyk ons maar net, ofkyk ons met ontferming, en daarom raak ons betrokke. Omdat ons nieanders kan nie, omdat God ons gesien het en betrokke geraak het byons.

Ek dink, broers ensusters, dat Jesus hier in Lukas vir ons wil sê wat ons gerusmaar aan kan gaan herkou. Ek persoonlik is skaam as ek dink oorhierdie saak waarmee God self my vanaand konfronteer. Ek dink ekmoet ook weer bietjie anders gaan kyk. Hoe u kyk, moet u selfoordeel en gaan besluit.

‘n Laaste opmerking: ek weet, broers en susters, dat baie van ons se lewens van so ‘naard is, en baie van ons se ervarings in hierdie lewe van so ‘naard is dat ons maklik die punt bereik waar ons mense wantrou en waarons in die versoeking kom om onsself van ander te isoleer. Ek hetgenoeg ellendes van my eie, ek kan dit skaars self dra, daar is niekrag oor vir ander en ander se nog wat nie.

Maar die oomblik wanneerons dít sê, moet ons besef dat Jesus Christus mense niemaar uitgelos het nie. Dat Hy gestop het onder die boom. Dat Hy bytollenaars tuisgegaan het. Dat hy die ryk man se armoede raakgesienhet. Dat Hy ander mense raakgesien het.

God se mense moet dit ookdoen. En, wil ek byvoeg, ons bemoeienis met mekaar moet meer wees asom mekaar maar net te verdra. Hoekom? Omdat Jesus Christus van onsmeer verwag. Omdat Jesus Christus deur sy versoeningsdood ons instaat gestel het om meer te doen.

Amen