Lukas 4:14-30

Ons is ook vertalers van die Bybel



Broers en susters in onse Here Jesus Christus:
Ons gelese gedeelte vertel ons van een van Jesus se eerste openbare optredes as volwasse man. Na sy versoeking deur die duiwel in die woestyn, vertel Lukas ons, keer Jesus terug na Galilea toe en gaan eventueel na Nasaret, waar Hy grootgeword het. Daar gekom, gaan Jesus, soos dit sy gebruik was, op die Sabbatdag na die sinagoge toe.
En kom ek s¨º eers so ¡®n ietsie meer oor die sinagoge in daardie tyd voor ek verder gaan, dat ons beter verstaan wat presies hier gebeur het. Daar was nie, soos in die geval van die tempel, by die sinagoge offers gebring nie. Die sinagoge, kan ons s¨º, was 'n plek oordenking. Daar is uit beskikbare boekrolle gelees en dan is die gedeeltes wat gelees is, oordink.

By die tempel in Jerusalem kon alleenlik die priesters offers aan God bring, hulle was daar in beheer. By die sinagoge was dit egter nie so nie. By die sinagoge was daar nie priesters aan diens nie. Dit het enige man vry gestaan om deel te neem aan die ¡®erediens¡¯ in die sinagoge, as mens dit so kan noem. 'n Man sou aanbied om voor te lees uit die boekrolle van die Ou Testament wat beskikbaar was, en dan het hy gaan sit op 'n klein platformpie en s¨º wat di¨¦ gedeelte vir hom beteken het.

Dit is dan ook, vertel Lukas ons, wat daardie dag met Jesus gebeur het. Toe Hy opstaan om te lees, is die boek Jesaja aan Hom gegee, en Hy het dit oopgemaak by Jesaja 61 vers 2, 'n gedeelte wat baie bekend en baie gewild onder die Jode van daardie tyd was. Di¨¦ gedeelte het vir hulle hoop gebring, want dit s¨º dat God vir hulle uitkoms sal bring, dit het hulle daaraan herinner dat God steeds by hulle was. En kom ek verduidelik:

Die gedeelte uit Jesaja speel af in 'n tyd toe die volk uit ballingskap in Babilon na Israel toe teruggekeer het. Al was hulle terug in hulle vaderland, het dit maar moeilik met hulle gegaan. Hulle het hard gewerk om die tempel te herbou, maar die heeltyd so bietjie die wind van voor gekry. Tye was hard, kos was skaars, en die toekoms het maar donker gelyk. Die mense het begin moedeloos raak, en dit het vir hulle voel asof God hulle vergeet het. Hulle was naderhand so moedeloos dat hulle in sak en as gaan sit het, kompleet asof hulle getreur het oor iemand wat dood is.

Midde in hierdie gebeure kom die profeet Jesaja en hy s¨º vir hulle dat God by hulle is, en dat Hy uitkoms sal bied. Hy sal hulle red, Hy sal hulle weer 'n magtige nasie maak. Dus 'n boodskap van hoop, van nuutgevonde vryheid, van verlossing.

Die genadejaar waarvan die teks in Jesaja praat, verwys na die jubeljaar (wat elke vyftigste jaar gevier is) waarin mense wat as gevolg van skuld as slawe verkoop is, vrygelaat moes word. ¡®n Mens kan verstaan hoekom juis hierdie Skrifgedeelte by die Jode in Jesus se tyd so gewild was: Hulle het swaargekry onder die onderdrukking van die Romeinse regering, hulle het gesmag na uitkoms, hulle sou graag weer 'n genadejaar, 'n jubeljaar wou beleef. ¡®n Genadejaar waarin hulle bevry sou word van vreemde oorheersing en uitbuiting.

Nadat Jesus uit die boekrol gelees het, het Hy dit aan die amptenaar van die sinagoge teruggegee en gaan sit. Almal se o§× was op Hom gerig. Hulle wou graag hoor wat Jesus oor di¨¦ Skrifgedeelte te s¨º het. En wat Jesus dan s¨º, is die heel laaste ding wat hulle ooit sou kon verwag!

Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Jy kon seker 'n speld hoor val in daardie sinagoge. Jesus los 'n spreekwoordelike bom onder die Jode. Hy s¨º vir hulle dat Hy die een is wat God se verlossing bring, die uitkoms wat God bring, kom deur Hom. Hy, Jesus, Hy is die vervulling van God se belofte van hoop, Hy is die vervulling van God se belofte van bevryding.

Aanvanklik reageer die toehoorders heel positief, maar hoe meer Jesus met hulle praat, hoe meer raak hulle ontsteld, totdat ons uiteindelik lees: Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan.

Met ander woorde, Jesus word nie aanvaar deur die mense tussen wie Hy grootgeword het nie. Hulle verwag iets meer, iets groter, iets wonderbaarliks wat hulle vir eens en vir altyd sou vrymaak van die onderdrukking van die Romeine. Maar nee, voor hulle staan 'n doodgewone jong man. Hulle ken Hom as Jesus, seun van Josef die timmerman wat daar onder in die dorpie bly. En nou kom hierdie Jesus vir hulle staan en vertel dat Hy die Messias, die langverwagte Verlosser is wat God hulle belowe het?
Nee wat, wat te erg is, is te erg. Kom ons gaan gooi hierdie Godslasteraar by die naaste krans af, s¨º hulle vir mekaar.

Soos die Jode week vir week op die Sabbat na die sinagoge gegaan het om daar vanuit die Woord van God onderrig te word, so kom ons ook nog vandag Sondag vir Sondag hier in die erediens bymekaar. Sondag vir Sondag loof ons die Here, Sondag vir Sondag hoor ons hoe skuldig ons voor God staan, Sondag vir Sondag hoor ons van God se genade, Sondag vir Sondag word ons bemoedig uit die Woord van God.

In kort: elke Sondag beleef ons dat Jesus as 't ware voor ons kom staan vir ons uit die Bybel lees van God se beloftes van uitkoms en verlossing en ook vir ons s¨º: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.

En nou is die vraag, broers en susters: Wat maak ons met hierdie Jesus? Aanbid ons Hom, volg ons Hom, dien ons Hom ¡ª of probeer ons dalk ook spreekwoordelik om Hom by die naaste krans af te gooi: die krans van onbetrokkenheid, die krans van ongehoorsaamheid, die krans van traak-my-nie-agtigheid, van onverskilligheid?

Kom ek probeer dit anders s¨º: Die storie word vertel van vier dominees wat gesit en stry het oor watter vertaling van die Bybel kwansuis die beste is. Die eerste dominee het ges¨º dat die Ou Vertaling, die 1933-vertaling vir hom die beste is, want daar is so 'n waardige Bybelse taal wat in di¨¦ vertaling gebruik word. Die tweede dominee het ges¨º dat hy die Nuwe Vertaling, die 1983-vertaling, verkies want dit is nie 'n letterlike woord vir woord vertaling nie ¡ª di¨¦ vertaling gee vir mens eerder die betekenis van 'n gedeelte weer. Die derde dominee was heelwat jonger as die ander en het ges¨º dat hy 'n moderne weergawe soos ¡®Die Boodskap¡¯ verkies, want die taal wat daarin gebruik word, spreek sy leefw¨ºreld aan.

Toe hulle die vierde dominee vra watter vertaling van die Bybel hy die meeste van hou, het hy hulle so gesit en kyk en toe vir hulle ges¨º: ¡®Die vertaling waarvan ek die meeste hou, is my pa se vertaling, want sien, hy vertaal elke dag die woorde van die Bybel oor in dade. Hy sit die woorde van die Bybel oor in dade ¡ª en dit is die mees oortuigende vertaling wat ek ken!¡¯

En is dit nie ook presies wat Jesus kom doen het nie? Hy het God se beloftes oorvertaal in optredes, Hy het die woorde van God se beloftes omgesit in dade. Hy sorg dat daar vir almal hoop en uitkoms en verlossing kom. Hy maak ons, wat die slawe was van die skuld van ons sondes, vry van hierdie skuld, Hy maak elke jaar vir ons 'n jubeljaar, elke dag 'n jubeldag, want ons kan weet, maak nie saak wat op ons pad kom nie ¡ª God is by ons, Hy laat ons nooit weer alleen nie, Hy is elke tree van elke dag se paadjie saam met ons op pad na 'n heerlike toekoms saam met ons Hemelse Vader. Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.

Hoe, broers en susters, lyk ons vertaling van die Bybel? Is dit maar net woorde, bly dit maar net by goeie voornemens, le§× beloftes? Of kry ons dit reg om die woorde van die Bybel oor te vertaal en om te sit in dade? Jesus het dit vir ons kom doen. En dit is nou ons beurt, ons tyd om elke dag 'n stuk vertaling te doen, om die woorde die Bybel om te sit in dade. Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle, het Jesus ges¨º.

Ek sluit af: Op ¡®n keer het 'n ma haar dogtertjie gou gestuur om iets te gaan koop by die kafee op die hoek van hulle straat. Toe sy nogal lank gevat voor sy terug was, het haar ma aangedring op 'n verduideliking oor hoekom sy so lank gevat het. Die dogtertjie het verduidelik dat sy op pad terug op haar maatjie afgekom het en di¨¦ het gesit en huil omdat sy haar pop gebreek het. ¡®O, het jy toe gestop en haar gehelp om haar pop weer reg te maak?¡¯ vra die ma. ¡®Nee,¡¯ antwoord die dogtertjie, ¡®ek het gestop en haar gehelp om te huil!¡¯

¡®n Presiese vertaling van Romeine 12: 15: Wees bly saam met di¨¦ wat bly is en treur saam met di¨¦ wat treur.

Hierdie meisietjie het 'n perfekte vertaling van die hierdie woorde gemaak. Hoe staan dit met ons vertaling van die Bybel? Kom ons begin, sommer vandag nog, met ons lewenslange vertalingsprojek!
Amen