1 Petrus 1:1-12

Het ons nie dalk verdeelde fondamente nie?



Broers en susters in onse Here Jesus Christus

In sy kommentaar op hierdie gedeelte vertel walter Lüthi, 'n baie bekende Switserse teoloog, van 'n baie groot en statige huis in 'n Switserse dorpie wat verbygangers se aandag sonder uitsondering trek — en dan nie omdat dit so groot en pragtige statige huis is of omdat die huis 'n pragtige tuin het nie.  Wat die aandag van die verbygangers trek is die huis se geweldige groot gewel, en meer spesifiek, die bars in die geuwel.

Die gewel, wat in die middel van die huis is, het 'n kraak van reg bo tot reg onder, 'n kraak wat eitlik al 'n skeur geword het en wat, baie duidelik, alreeds 'n hele paar pogings om dit te herstel, deurleef het.  Die pogings tot herstel het egter nie gewerk nie, die bars het maar altyd weer na vore gekom.

Die rede agter die groot skeur/bars is eintlik heel treurig: die een helfte van die huis is op beton gebou, en die ander helfte, vanweë een of ander misrekening in die bouplan, op sleggedreineerde moerasgrond.  Daarom het die huis alewig tussen die beton en die moerasgrond bly skeur.  Die gepleister en geplak op die oppervlak om dit reg te sien het daarom nooit werklik gehelp nie.  Want die fondament van die huis was te verdeel, en daarom het dit die frontaansig van die huis bly verskeur.  Of, om dit anders te stel: omdat die onsigbare verdeel was, het die sigabre dit alewig bly vertoon.

Dieselfde is soms ongelukkig ook waar van die kinders van God, broers en susters.  Ook baie Christene rig soms hulle lewens volgens onbetroubare bouplanne in.  Nie, broers en susters, omdat ons volledig op moerasgrond bou of wil bou nie — nee, so roekeloos en oningelig is ons darem nie — maar omdat ons halfpad op beton, die rots Jesus Christus bou, en vir die ander helfte op moerasgrond.  Ons is soms tussen-in mense.  Ons wil met die een been op die vaste fondament staan en met die ander been op die verskuiwende en sinkende.  En daarom skeur ons dikwels in twee.

Net so, broers en susters, en dit is waarby ek wil uitkom in vanaand se prediking, en ook die reeks wat hierop gaan volg, is ons in ons hoop in twee geskeur.  Is ons hoop op twee basisse gebou, een gedeelte op Jesus Christus, en die ander gedeelte op verganklike dinge.  Daarom is 'n intuimelende huis, wanneer 'n krisis in ons lewens na vore kom, dikwels die resultaat van ons bouwerk in die geloof.  En dit bly eenvoudig waar, broers en susters: op die lange duur, en selfs soms op die korte duur, kan selfs nie eers Polyfilla (om die beeld te gebruik) die hgekraakte heuwel van ons gesplete hoop bymekaar hou nie.

Waarop behoort ons te hoop, broers en susters?  Wat is hoop wat op 'n vaste fondamament gebou is?  Ek wil amper sê: wat is die enigste saak wat as die grondslag vir ware hoop kan dien?  In 1 Petrus 1:3 stel Petrus dit duidelik:  die opstanding van Jesus Christus.  Die opstanding van Jesus Christus is die enigste, ware en onverdeelde basis waarop 'n mens jou hoop vir die toekoms kan bou.  Wie op iets anders bou, sê Petrus, wie net een millimeter afwyk van die Godgelegde beton van hoop, sink weg in 'n bodemlose put.  In die moeras van misleiding, van gebroke drome, verpletterde ideale en bodemlose putte.  want, sê Paulus in 1 Korintiërs 3:11, niemand anders kan 'n beter fondament vir die lewe en die toekoms lê as wat God reeds gelê het nie, naamlik Jesus Christus.

Tog, broers en susters, meen ons dikwels, en heel dikwels op eintlik onbewuste maniere, dat ons tog beter fondamente vir ons lewe en ons toekoms kan lê.  Inteendeel, die fondamente wat ons self lê is dikwels inderdaad baie indrukwekkend.  Ons eie bouplanne vir die toekoms en die lewe glinster soms letterlik soos goud.

Want soms sê ons tog maar: as ek net genoeg geld in die bank het, as ek net genoeg finansiële voorsorg vir die toekoms kan tref, dan sal ons al die storms wat miskien mag kom die hoof kan bied.  Of: as die ekonomie maar net 'n opswaai sal maak, as inflasie en die rentekoerse maar net weer kan daal, dan sal ek baie meer hoop hê oor die toekoms, en in die besonder, my eie toekoms.

Of miskien si die fondamente waarop ons bou soms persoonliker en heelwat nederiger.  As my liggaam net positief wil reageer op die behandeling en daardie kwaadaardige gewas tog maar net begin krimp, as die huweliksberading maar net die flarde van my huwelik aanmekaar kan bind, as ek net werk kan kry, as my ouers net wil ophou om rusie te maak, as ek hierdie jaar net kan slaag, dan sal ek weer gelukkig wees, dan sal ek weer regop kan loop, dan sal ek weer die wêreld en die toekoms in die oë kan kyk, weer hoop vir die lewe kan kry.

As.  Die een as na die ander.  Gelukkig, sê Petrus hier broers en susters, is die ware en Bybelse hoop nie op asse gebou nie, maar op 'n Rots, Jesus Christus.   Nie, broers en susters, dat ek hiermee wil sê dat ekonomiese voorspoed, doodgaande kankerselle, om te slaag en al wat nog, nie belangrik is nie.  Asseblief, verstaan my hier baie baie goed.

Die feit is egter: hierdie dinge is nie 'n fondament waarop jy werklik jou lewe kan bou, wat die toets van die tyd sal deurstaan, wat jou lewe werklik sinvol en hoopvol sal maak nie.  Want eingiets wat ons as die fondament vir die lewe sien, enigiets waarop ons bou, anders as Jesus Christus en die leë graf, kan en sal die toets van die tyd kan deurstaan nie.

Want wanneer die lewenstorms aan die lewe bgin ruk, en veral wanneer die oordele van God oor ons sonde oor ons kom en eendag beslis sal kom, met ander woorde, wanneer die diepste beginsels en fondament van lewe getoets sal word, dan broers en susters, sal enige kwalifikasie, of 'n groot hand vol Krugerrande ons net mooi niks help nie.

Dan sal diegene wat blakend gesond is en die wat siek is op dieselfde wyse ondergaan.  Wanneer die graf roep, dan tel eer en aansien nie.  En waanneer God eendag sal kom om te oordeel, dan sal die lande met die beste ekonomiese programme en die indrukwekkendste weermagte net so diep in die dryfsand wegsink as hulle wat met net 'n paar pennies in die hand staan.

Tensy, broers en susters, tensy ons hoop op iets anders, op Iemand anders!  Op Jesus Christus.  ant sy dood en opstanding is vas.  Dit is 'n feit.  Niemand kan daaraan iets verander nie.  Wat meer is: Petrus s hier dat iemand wat op die opstanding hoop, se hoop begrond is, en nie sal beskaam nie.

En die beste van alles is: dit is verniet!  God gee dit as 'n geskenk, as 'n gawe van die nuwe lewe, sê Petrus hier in 1 Petrus 1:3.  Of ek hierdie gawe ontvang of nie het niks te make of ek vroom of edel genoeg is nie, betroubaar of onbetroubaar is nie.  Dit staan en val ook nie met wat die toekoms van die land vir ons inhou nie.  Dit word nie deur die voortgang van die tyd weggevreet nie.  Wat meer is: dit gaan ok nie oder as die son die laaste keer in my lewe ondergaan nie.  Inteendeel: eers dan kom die krag daarvan tot voorskyn.

Maar dan, broers en susters, dan moet ek werklik op hierdie fondament, Jesus Christus en sy opstanding bou.  En as ons sê dit is inderdaad waarop ons bou, en nie op allerhande mensgemaakte en tydelike dinge nie, en ons wil werklik bepaal of dit so is, moet ons gerus maar weer ons huise van hoop gaan inspekteer.  As daar krake is, as ons hooploos en hopeloos geword het, as daar krake kom in ons lewensblyheid en ons hoop vir die toekoms, sal ons dalk net vind dat ons fondament net halfpad op Jesus Christus en sy opstanding gebou is.

En halfpad is nie goed genoeg nie.  Want halfpad lei tot krake.  Net 'n vaste en stewige fondament lei tot geen krake nie.  En, baie belangrik, tot ware en ewige lewensblyheid.

En miskien moet ons ons maar net hieraan toets: hoe blymoedig is ons nog?  In ons omstandighede?  En as ons bly is, is dit omdat die dinge wat ons as fondamente gebruik pragtig uitgewerk het soos ons wou, en tans nog staande is, of is dit omdat ons alle hoop vestig op Jesus Christus en sy belofte: omdat ek opgestaan het en kewe, daarom sal jy, my kind ook!
Amen