(Kan onder andere gebruik word in die geval van ‘n onverwagte dood, byvoorbeeld ‘n jongmens se dood of iemand wat in ‘n ongeluk gesterf het)


Met die skielike en onverwagte afsterwe van NN, (vir wie ons lief was), kom ons te staan voor die werklikheid dat ons aardse lewe nie vir altyd hou nie (Jes 40:6, 8; 1 Pet 1:24).

Nogtans bly ons hoop op God gevestig, wat aan ons die lewe in Christus gee.

Christus is ons hoop.

Hy het vir ons gesterwe en vir ons opgestaan, sodat ons saam met Hom die dood kan oorwin.

Elkeen wat in Christus sterwe, sal ook saam met Christus lewe, “ ... want om te lewe is vir my Christus en om te sterwe, is vir my wins” (Fil 1:21).

In hierdie geloof en vertroue begrawe ons/neem ons afskeid van NN.

Amen