Die SP Engelbrecht-museum is op Woensdag 25 Augustus 2010 amptelik ingewy by sy nuwe tuiste in die historiese kerkgebou van Gemeente Pretoria by Du Toitstraat 169. Maande lange voorbereiding het dié luisterryke geleentheid voorafgegaan. Argiefstukke is die eerste keer in jare behoorlik skoongemaak, uitstalkaste is bekom, en museumkundiges het die argivaris, Nándor Sarkady, bygestaan om ’n smaakvolle uitstalling in die galery van die kerkgebou in te rig.

Besoek gerus hierdie pragtige museum wat geleë is in die kerkgebou van die Hervormde gemeente Pretoria in Du Toitstraat 169, Pretoria. Veilige toesluitparkering is beskikbaar. Die museum is op die galery van die historiese kerkgebou van hierdie gemeente, en is daarom ongelukkig nie toeganklik vir gestremdes nie. Besoeke kan per afspraak gereël word deur mev Ansie Joubert, sekretariële beampte van gemeente Pretoria, tussen 08:30 en 14:30 op weeksdae te skakel by 012 321 7580. Klik op die hierdie skakel vir roeteaanwysings
.

DSCF5301 DSCF5298

 DSCF5303

 

Kyk ook gerus na die brosjure wat meer inligting bied oor die museum. Die binne- en buiteblad van die brosjure kan hier afgelaai word.